1 Surely there is a vein for the silver, and a place for gold which they refine;2 Iron is taken out of the dust, and copper is molten out of the stone.3 {Man} putteth an end to the darkness, and exploreth to the utmost limit, the stones of darkness and of the shadow of death.4 He openeth a shaft far from the inhabitants {of the earth}: forgotten of the foot, they hang suspended; away below men they hover.5 As for the earth, out of it cometh bread, and underneath it is turned up as by fire;6 The stones of it are the place of sapphires, and it hath dust of gold.7 It is a path no bird of prey knoweth, and the vulture's eye hath not seen it;8 The proud beasts have not trodden it, nor the fierce lion passed over it.9 {Man} putteth forth his hand upon the flinty rock, he overturneth the mountains by the root.10 He cutteth out channels in the rocks, and his eye seeth every precious thing.11 He bindeth the streams that they drip not, and what is hidden he bringeth forth to light.12 But wisdom, where shall it be found? and where is the place of understanding?13 Man knoweth not the value thereof; and it is not found in the land of the living.14 The deep saith, It is not in me; and the sea saith, It is not with me.15 Choice gold cannot be given for it, nor silver be weighed for its price.16 It is not set in the balance with gold of Ophir, with the precious onyx, and the sapphire.17 Gold and glass cannot be compared to it, nor vessels of fine gold be its exchange.18 Corals and crystal are no more remembered; yea, the acquisition of wisdom is above rubies.19 The topaz of Ethiopia shall not be compared to it, neither shall it be set in the balance with pure gold.20 Whence then cometh wisdom? and where is the place of understanding?21 For it is hidden from the eyes of all living, and concealed from the fowl of the heavens.22 Destruction and death say, We have heard its report with our ears.23 God understandeth the way thereof, and he knoweth its place:24 For he looketh to the ends of the earth, he seeth under the whole heaven.25 In making a weight for the wind, and meting out the waters by measure,26 In appointing a statute for the rain, and a way for the thunder's flash:27 Then did he see it, and declare it; he established it, yea, and searched it out;28 And unto man he said, Lo, the fear of the Lord, that is wisdom; and to depart from evil is understanding.
1 Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.3 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.4 Hy breek 'n mynskag, w,g van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.5 Die aarde -- daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.7 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.12 Maar die wysheid -- waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.20 Die wysheid dan -- waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.24 Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,26 toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,27 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.