Ko Hiruhārama me ngā Iwi Katoa
1 Nanā, kei te haere mai te rā o Ihowā, ā, ka wehewehea ōu taonga parakete i roto i a koe.
2 Nā, ka huihuia e ahau ngā iwi katoa ki te tatau ki Hiruhārama, ā, ka horo te pā, ka pāhuatia ngā whare, ka moea ngā wāhine, ā, ko tētahi hāwhe o te pā ka riro hei whakarau, e kore anō ia te toenga o te iwi e hātepea atu i roto i te pā.
3 Kātahi a Ihowā ka haere atu, ka whawhai ki aua iwi, ka rite ki te rā i whawhai ai ia i te rā o te tatauranga. 4 Nā, ka tū ōna waewae i taua rā ki runga ki Maunga Ōriwa, ki tērā i te ritenga atu o Hiruhārama ki te rāwhiti, ā, ka pakaru a Maunga Ōriwa i waenganui ōna ki te rāwhiti; ki te hauāuru, nui atu te awaawa, ā, ka neke atu tētahi hāwhe o te maunga ki te raki, tētahi hāwhe ōna ki te tonga. 5 Ā, ka oma atu koutou ki te awaawa i ōku maunga; nō te mea ka tutuki atu te takiwā o ngā maunga ki Ātara. Nā, ko tā koutou oma ka rite ki tō koutou omanga atu i te rū i ngā rā o Utia kīngi o Hūrā; tērā anō a Ihowā, tōku Atua, e haere mai, ko te hunga tapu katoa hei hoa mōu.
6 Nā, i taua rā e kore te mārama e purotu, e kore anō e pōuri. 7 Erangi kotahi tonu taua rā (he mea e mōhiotia ana e Ihowā), ehara i te rā, ehara i te pō; nā, i ngā wā o te ahiahi ka mārama.
8 Nā, i taua rā ka puta he wai ora i Hiruhārama, ko tētahi hāwhe ki te moana i te rāwhiti, ko tētahi hāwhe ki te moana i te uru; i te raumati taua hanga, i te hōtoke anō.
9 Ā, ko Ihowā hei kīngi mō te whenua katoa; i taua rā he kotahi a Ihowā, he kotahi anō tōna ingoa.
10 Ā hei mānia katoa te whenua ā taka noa, i Kepa tae noa ki Rimono, ki te tonga o Hiruhārama; ā, ka neke ake taua pā, ka noho ki tōna wāhi anō, ki te Kūwaha o Pineamine tae noa ki te wāhi i te Kūwaha Tuatahi, ki te Kūwaha i te Koki, ki te pourewa o Hananēre tae noa ki ngā poka wāina a te kīngi. 11 Ka nohoia anō a reira, ā, heoi anō whakangaromanga; ā, ka noho a Hiruhārama i runga i te rangimārie.
12 Ko te whiu anō tēnei e whiua ai e Ihowā ngā iwi katoa i whawhai nei ki Hiruhārama: ka pirau ō rātou kikokiko i te mea e tū ana ō rātou waewae, ka pirau ō rātou kanohi i roto i ngā pae, ka pirau anō ō rātou arero i roto i ō rātou māngai. 13 I taua rā he nui tā Ihowā whakaoho i roto i a rātou, ā, ka hopu rātou i te ringa o tōna hoa, o tōna hoa, ka ara ake anō ō rātou ringa ki te ringa o tōna hoa, o tōna hoa. 14 Tērā anō a Hūrā ka whawhai ki Hiruhārama, ā, ka huihuia ngā rawa o ngā iwi katoa ā taka noa – te kōura, te hiriwa, ngā kākahu, nui atu. 15 Ā, ka pērā anō te mate o te hōiho, o te muera, o te kāmera, o te kāihe, o ngā kararehe katoa i roto i ēnei puni me tēnei whiu.
16 Tēnei ake, nā, ko ngā mōrehu katoa o ngā iwi katoa i haere mai ki te whawhai ki Hiruhārama, ka haere mai i ia tau, i ia tau, ki te koropiko ki te Kīngi, ki a Ihowā o ngā mano, ki te whakarite hoki i te Hākari Whare Wharau. 17 Nā, ko te tangata o ngā hapū o te whenua ka kore e haere mai ki Hiruhārama ki te koropiko ki te Kīngi, ki a Ihowā o ngā mano, kāhore he ua mō rātou. 18 Ā, ki te kāhore te hapū o Īhipa e haere mai, e tae mai, te hunga kāhore nei he ua mō rātou, ka pā anō te whiu e whiua ai e Ihowā ngā iwi kāhore nei e haere mai ki te whakarite i te Hākari Whare Wharau. 19 Ko te utu hara tēnei mō Īhipa, ko te utu hara anō mō ngā iwi katoa e kore e haere mai ki te whakarite i te Hākari Whare Wharau.
20 I taua rā ka piri ki ngā pere o ngā hōiho, "HE TAPU KI A IHOWĀ." Ka rite hoki ngā kōhua i roto i te whare o Ihowā ki ngā peihana i mua i te āta. 21 Inā, ko ngā kōhua katoa i Hiruhārama, i a Hūrā, he tapu ki a Ihowā o ngā mano, ā, ka haere mai te hunga katoa e patu whakahere ana, ka tango i ētahi hei kōhua mā rātou. Kāhore hoki he Kanaani ā muri ake nei, i roto i te whare o Ihowā o ngā mano i taua rā.
Die eindstryd van die Godsryk word met 'n heerlike oorwinning bekroon.
1 KYK, daar kom 'n dag vir die Here; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
2 Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
3 En die Here sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
5 En julle sal vlug in die dal van my berge — want die dal van die berge sal loop tot by Asal — en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U!
6 En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
7 En dit sal 'n enige dag wees wat aan die Here bekend is — geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
8 En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
9 En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.
10 Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.
11 En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
12 En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
13 En in dié dag sal 'n groot verwarring van die Here onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
14 En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere — 'n groot hoeveelheid.
15 En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier.
17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare, te aanbid nie — hulle sal geen reën kry nie.
18 En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die Here die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
19 Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.
20 In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die Here! En die potte in die huis van die Here sal wees soos die komme voor die altaar.
21 Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die Here van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die Here van die leërskare meer wees nie.