1 'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
4 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos die van 'n arend.
6 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.
10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
13 Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
15 Die mens -- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.
16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
17 Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,
18 vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om die te doen.
19 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
21 Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
22 Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
1 Of David. Give praise to the Lord, O my soul; let everything in me give praise to his holy name.
2 Give praise to the Lord, O my soul; let not all his blessings go from your memory.
3 He has forgiveness for all your sins; he takes away all your diseases;
4 He keeps back your life from destruction, crowning you with mercy and grace.
5 He makes your mouth full of good things, so that your strength is made new again like the eagle's.
6 The Lord gives decisions in righteousness for all who are in trouble.
7 He gave knowledge of his way to Moses, and made his acts clear to the children of Israel.
8 The Lord is kind and full of pity, not quickly made angry, but ever ready to have mercy.
9 His feeling will no longer be bitter; he will not keep his wrath for ever.
10 He has not given us the punishment for our sins, or the reward of our wrongdoing.
11 For as the heaven is high over the earth, so great is his mercy to his worshippers.
12 As far as the east is from the west, so far has he put our sins from us.
13 As a father has pity on his children, so the Lord has pity on his worshippers.
14 For he has knowledge of our feeble frame; he sees that we are only dust.
15 As for man, his days are as grass: his beautiful growth is like the flower of the field.
16 The wind goes over it and it is gone; and its place sees it no longer.
17 But the mercy of the Lord is eternal for his worshippers, and their children's children will see his righteousness;
18 If they keep his agreement, and have his laws in mind to do them.
19 The Lord has made ready his high seat in the heavens; his kingdom is ruling over all.
20 Give praise to the Lord, you his angels, who are great in strength, doing his orders, and waiting for his voice.
21 Give praise to the Lord, all you his armies; and you his servants who do his pleasure.
22 Give praise to the Lord, all his works, in all places under his rule: give praise to the Lord, O my soul.