30 En die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.
31 En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na 'n verlate plek en rus 'n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.
32 En hulle het met die skuit vertrek na 'n verlate plek in die eensaamheid.
33 En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.
34 En toe Jesus uitklim, sien Hy 'n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.
35 En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.
36 Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.
37 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir twee honderd pennings brood koop en aan hulle gee om te eet?
38 En Hy sê vir hulle: Hoeveel brode het julle? Gaan kyk. En toe hulle dit te wete gekom het, sê hulle: Vyf, en twee visse.
39 En Hy het hulle beveel om almal klompies-klompies op die groen gras te laat sit.
40 En hulle het gaan sit in groepe van honderd en van vyftig.
41 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.
42 En almal het geëet en versadig geword;
43 en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.
44 En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyf duisend manne.
30 使徒们回来聚集在耶稣跟前, 把他们所作和所教导的一切都报告给他听。
31 耶稣对他们说: "来, 你们自己到旷野去休息一下。"因为来往的人多, 他们甚至没有时间吃饭。
32 他们就悄悄地上了船, 到旷野去了。
33 群众看见他们走了, 有许多人认出了他们, 就从各城出来, 跑到那里, 比他们先赶到。
34 耶稣一下船, 看见一大群人, 就怜悯他们, 因为他们好像羊没有牧人一样, 就开始教导他们许多事。
35 天晚了, 门徒前来对他说: "这里是旷野的地方, 天已经很晚了,
36 请叫他们散开, 好让他们往周围的田舍村庄去, 自己买点东西吃。"
37 耶稣回答他们: "你们给他们吃吧! "门徒说: "要我们去买两百银币的饼给他们吃吗?"
38 耶稣说: "去看看你们有多少饼! "他们知道了, 就说: "五个饼, 还有两条鱼。"
39 耶稣吩咐他们叫大家分组坐在青草地上。
40 他们就一排一排地坐了下来, 有一百的, 有五十的。
41 耶稣拿起这五个饼、两条鱼, 望着天, 祝谢了; 然后把饼擘开, 递给门徒摆在群众面前, 又把两条鱼也分给群众。
42 大家都吃了, 并且吃饱了。
43 他们把剩下的零碎捡起来, 装满了十二个篮子,
44 吃饼的人, 男人就有五千。