1 'n Lied. 'n Psalm van Dawid.2 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.3 Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.4 Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;5 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.6 Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!7 Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons!8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.9 G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filist,a jubel Ek.11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.13 Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]
Publicidade
Salmos 108
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos