Publicidade

Salmos 119

9 Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.12 Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.14 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.16 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

Veja também

Publicidade