1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.5 Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.7 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.8 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
Publicidade
Salmos 121
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos