1 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet -- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
Publicidade
Salmos 127
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos