Publicidade

Salmos 130

1 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.3 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?4 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.5 Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.6 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre , wagters op die môre .7 Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;8 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Veja também

Publicidade