1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.4 Want daar is nog geen woord op my tong nie -- of U, HERE, U ken dit geheel en al.5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef -- u teëstanders!21 HERE, sou ek die nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Publicidade
Salmos 139
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos