1 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed.2 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.3 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.4 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.5 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.6 Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.7 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. [ (Psalms 142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. ]
Publicidade
Salmos 142
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos