1 Halleluja! Loof die HERE, o my siel!2 Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.5 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,6 wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;7 wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los.8 Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief.9 Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.10 Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!
Publicidade
Salmos 146
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos