1 Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

3 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

4 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.

5 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.