1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.3 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie -- onhoorbaar is hulle stem.5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;6 en die is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.8 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Publicidade
Salmos 19
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos