1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.4 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.5 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.6 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.8 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.10 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.11 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.13 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. [ (Psalms 21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang! ]
Publicidade
Salmos 21
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos