1 'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.2 Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.3 HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.4 HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.5 Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;6 want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôre ns is daar gejuig.7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.8 HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword!9 Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?11 Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!12 U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; [ (Psalms 30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof. ]
Publicidade
Salmos 30
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos