1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.

3 Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.