1 Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.2 o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.4 In die môre , HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.5 Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.6 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.7 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.8 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.9 HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.10 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.11 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.12 Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. [ (Psalms 5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild. ]
Publicidade
Salmos 5
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos