1 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid.2 toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahim,leg ingegaan.3 Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!4 Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!5 Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.6 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!7 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.8 En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:9 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! [ (Psalms 52:10) Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. ] [ (Psalms 52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want die is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. ]
Publicidade
Salmos 52
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos