1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.3 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.4 Die dag as ek vrees, sal ,k op U vertrou.5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.7 Hulle val aan, lê en loer -- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.8 Ondanks hul ongeregtigheid -- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!9 U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.11 Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.12 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?13 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; [ (Psalms 56:14) want U het my siel gered van die dood -- ja, my voete van struikeling -- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe. ]
Publicidade
Salmos 56
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos