1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.2 Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.3 Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.4 Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.5 Âk moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is.6 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!7 Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.8 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.9 Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!10 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.11 Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke. [ (Psalms 57:12) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde! ]
Publicidade
Salmos 57
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos