1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.2 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.3 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,8 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. [ (Psalms 65:14) Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. ]
Publicidade
Salmos 65
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos