1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.2 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?6 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:8 skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld,9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. [ (Psalms 8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! ]
Publicidade
Salmos 8
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos