1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.2 Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.4 Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.6 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.7 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.9 HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.10 o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.11 Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.12 Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ]
Publicidade
Salmos 84
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos