1 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.
Publicidade
Salmos 86
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos