1 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde!

2 Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.

3 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.

4 Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.

5 Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.

6 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.

7 Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.

8 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.

9 Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!