1 NADAT hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.
2 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die Here geseën.
3 En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel.
4 En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die Here, en dit om die Here, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:
5 Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jéhiël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,
6 en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.
7 OP dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om „loof die Here" te sing.
8 Loof die Here, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!
9 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
10 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees.
11 Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
12 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
13 o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!
14 Hy, die Here is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele.
15 Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte —
16 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
17 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
18 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel.
19 Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
20 en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk,
21 het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
22 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
23 Sing tot eer van die Here, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.
24 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
25 Want die Here is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.
26 Want al die gode van die volke is afgode, maar die Here het die hemele gemaak.
27 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.
28 Gee aan die Here, o geslagte van die volke, gee aan die Here eer en sterkte.
29 Gee aan die Here die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die Here in heilige gewaad.
30 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
31 Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die Here is Koning!
32 Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.
33 Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die Here; want Hy kom om die aarde te oordeel.
34 Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;
35 en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
36 Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die Here!
37 EN hy het daar voor die verbondsark van die Here Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag;
38 en ook Obed-Edom met hulle broers, agt-en-sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters;
39 maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die Here, op die hoogte wat in Gíbeon is,
40 om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die Here te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die Here wat Hy Israel beveel het;
41 en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die Here te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;
42 en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.
43 En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.
1 他们把 神的约柜抬了进去,安放在大卫为它所搭的会幕中间,然后在 神面前献上了燔祭和平安祭。2 大卫献上了燔祭和平安祭以后,就奉耶和华的名给人民祝福。3 他又分给以色列众人,无论男女,每人一个饼、一块肉、一个葡萄饼。
4 大卫派了一部分利未人,在耶和华的约柜前事奉、颂扬、称谢和赞美耶和华以色列的 神。5 领导的人是亚萨,其次是撒迦利雅、耶利、示米拉末、耶歇、玛他提雅、以利押、比拿雅、俄别.以东和耶利,他们鼓瑟弹琴,亚萨敲打响钹。6 比拿雅和雅哈悉两位祭司在 神的约柜前不住地吹号。
7 那一天,大卫初次指定亚萨和他的亲族,以诗歌称谢耶和华,说:
8 "你们要称谢耶和华,呼求他的名,
在万民中宣扬他的作为。
9 要向他歌唱,向他颂扬,
述说他一切奇妙的作为。
10 要以他的圣名为荣,
愿寻求耶和华的人,心中喜乐。
11 要寻求耶和华和他的能力,
常常寻求他的面。
12,13 他的仆人以色列的后裔啊,
他所拣选的雅各的子孙啊,
你们要记念他奇妙的作为、他的奇事和他口中的判语。
14 他是耶和华我们的 神,
他的判语达到全地。
15 你们要记念他的约,直到永远;
不可忘记他吩咐的话,直到千代。
16 就是他与亚伯拉罕所立的约,
他向以撒所起的誓。
17 他把这约向雅各定为律例,
向以色列定为永约,
18 说:‘我必把迦南地赐给你,
作你们的产业的分。
19 那时你们人丁单薄,数目很少,
又是在那地作寄居的。’
20 他们从这国走到那国,
从一族走到另一族。
21 耶和华不容许任何人欺压他们,
曾为了他们的缘故责备君王,
22 说:‘不可伤害我所膏的人,
不可恶待我的先知。’
23 全地都要向耶和华歌唱,
天天传扬他的救恩。
24 在列国中述说他的荣耀,
在万民中述说他奇妙的作为。
25 因为耶和华是伟大的,当受极大的赞美;
他当受敬畏,远在万神之上。
26 万民的偶像算不得甚么,
唯独耶和华创造诸天。
27 尊荣和威严在他面前,
能力和欢乐在他的圣所。
28 万族万民啊,你们要归给耶和华,
要把荣耀和能力归给耶和华。
29 要把耶和华的名应得的荣耀归给他,
拿着礼物到他面前来,
要以圣洁的装饰敬拜耶和华。
30 全地要在他面前战栗;
他使世界坚定,不致摇动。
31 愿天欢喜,愿地欢呼,
愿人在万国中说:‘耶和华作王了!’
32 愿海和充满海中的都澎湃,
愿田和田中的一切都欢欣。
33 那时树林中的树木,
必在耶和华面前欢呼,
因为他来要审判全地。
34 你们要称谢耶和华,因他是良善的,
他的慈爱永远常存。
35 你们要说:‘拯救我们的 神啊,求你拯救我们,
招聚我们,从万国中救我们出来,
好使我们称谢你的圣名,
以赞美你为夸耀。’
36 耶和华以色列的 神是应当称颂的,
从永远直到永远。"
全体人民都说阿们,并且赞美耶和华。
37 于是在那里,就是耶和华的约柜前,大卫留下亚萨和他的亲族,照着每日的本分,在约柜前不断地事奉。38 又留下俄别.以东和他们的亲族六十八人,以及耶杜顿的儿子俄别.以东和何萨作守门的。39 又留下撒督祭司和他的亲族,都是作祭司的。在基遍的高地耶和华的帐幕前,40 每日早晚不住地在燔祭坛上,把燔祭献给耶和华,全是照着耶和华吩咐以色列人的律法书上所写的。41 和他们一起的有希幔、耶杜顿和其余被选出,有记名的人,都称谢耶和华,因为他的慈爱永远常存。42 希幔、耶杜顿和他们一起吹号敲钹,以及演奏各种乐器,大声歌颂 神。耶杜顿的子孙负责守门。43 于是众民都回去,各人回自己的家;大卫也回去给自己的家人祝福。