1 WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Korē, van die seuns van Ébjasaf.
2 En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,
3 Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.
4 Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,
5 Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.
6 Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.
7 Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.
8 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom.
9 Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.
10 En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.
11 Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
12 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die Here.
13 En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.
14 En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
15 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;
16 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.
17 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.
18 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.
19 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.
20 EN die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:
21 die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;
22 die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die Here.
23 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,
24 Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.
25 En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.
26 Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het —
27 van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die Here daarmee uit te rus —
28 ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja — wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
29 VAN die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;
30 van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend-sewehonderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die Here en vir die diens van die koning.
31 Van die Hebroniete was Jería die hoof — daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead —
32 en sy broers, dapper manne, tweeduisend-sewehonderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.
1 守门的人的班次如下:可拉家族,亚萨的子孙中,有可利的儿子米施利米雅。2 米施利米雅有几个儿子:长子是撒迦利雅、次子是耶叠、三子是西巴弟雅、四子是耶提聂、3 五子是以拦、六子是约哈难、七子是以利约乃。4 俄别.以东有几个儿子:长子是示玛雅、次子是约萨拔、三子是约亚,四子是沙甲、五子是拿坦业、5 六子是亚米利、七子是以萨迦、八子是毘乌利太; 神实在赐福给俄别.以东。6 他的儿子示玛雅也生了几个儿子,都是管治他们的家族的,因为他们都是英勇的战士。7 示玛雅的儿子是俄得尼、利法益、俄备得和以利萨巴。以利萨巴的兄弟以利户和西玛迦都是勇士。8 这些人都是俄别.以东的子孙,他们和他们的儿子、兄弟,都是有能力办事的人。俄别.以东的子孙,共有六十二人。9 米施利米雅有儿子和兄弟,都是勇士,共十八人。10 米拉利的子孙何萨有几个儿子,长子是申利申利原不是长子,是他父亲立他作长子的、11 次子是希勒家、三子是底巴利雅、四子是撒迦利亚。何萨所有的儿子和兄弟共十三人。
12 以上这些都是守门人的班次;无论是首领或是他们的亲族,都在耶和华的殿里按班供职。13 他们无论大小,都按着他们的家族抽签,看守各门。14 抽出守东门的签的是示利米雅。他的儿子撒迦利亚是个聪明的谋士,他们为他抽出了守北面的签。15 俄别.以东守南门;他的儿子守库房。16 书聘和何萨守西门,以及在斜路上的沙利基门;守卫的人相对而立。17 守东门的有六个利未人,守北门的每日有四人,守南门的每日有四人,守库房的两人一组。18 在西面的前廊有四人在大路上,在前廊那里有两个人。19 以上这些人是可拉子孙和米拉利子孙守门的人的班次。
20 他们其他的利未亲族,就管理神殿里的库房和圣物的库房。21 革顺家族拉但的子孙中作首领的,有革顺家族拉但的子孙耶希伊利。22 耶希伊利的儿子西坦和他的兄弟约珥,掌管耶和华殿里的库房。23 至于暗兰家族、以斯哈家族、希伯伦家族和乌薛家族,也各有职守。24 摩西的孙子、革顺的儿子细布业作库房的总管。25 细布业的兄弟是以利以谢;以利以谢的儿子是利哈比雅,利哈比雅的儿子是耶筛亚,耶筛亚的儿子是约兰,约兰的儿子是细基利,细基利的儿子是示罗密。26 这示罗密和他的兄弟掌管库房里的一切圣物,就是大卫王、众家族首领、千夫长、百夫长和军长所献的圣物。27 他们把在战场上掠夺的财物献上,用作修建耶和华的殿。28 撒母耳先见、基士的儿子扫罗、尼珥的儿子押尼珥和洗鲁雅的儿子约押所分别为圣的一切,以及一切分别为圣的物,都归示罗密和他的众兄弟掌管。
29 以斯哈家族有基拿尼雅和他的众子在圣殿外作官长和审判官,治理以色列人。30 希伯伦家族有哈沙比雅和他的亲族,共一千七百人,都是勇士,主管约旦河西以色列地耶和华的一切职事和王的任务。31 希伯伦家族中有作首领的耶利雅,是按着他们家族的族谱作希伯伦家族的首领的。大卫在位第四十年,经过调查,在基列的雅谢从这家族中找到英勇的战士。32 耶利雅的亲族有二千七百人,都是勇士,各家族的首领;大卫王派他们管理流本支派、迦得支派和玛拿西半个支派一切有关 神和王的事务。