1 EN dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier-en-twintigduisend:
2 oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.
3 Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.
4 En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
5 Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.
6 Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.
7 Die vierde vir die vierde maand was Ásahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
8 Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
9 Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
10 Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
11 Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
12 Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
13 Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
14 Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
15 Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Ótniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
16 EN oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;
17 oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;
18 oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Íssaskar was Omri, die seun van Mígael;
19 oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Ásriël;
20 oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;
21 oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;
22 oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.
23 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die Here het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
24 Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.
25 EN oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Ádiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.
26 En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.
27 En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.
28 En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hánan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.
29 En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Ádlai.
30 En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.
31 En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.
32 En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.
33 En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.
34 En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Ábjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.
1 以色列人各家族的首领、千夫长、百夫长和服事王的所有官长,都按着他们的数目分定班次,每年按月轮班,每班有二万四千人。2 负责正月第一班的,是撒巴第业的儿子雅朔班,他那一班有二万四千人。3 他是法勒斯子孙中的首领,统管正月那一班所有的军长。4 负责二月那一班的是亚哈希人朵代,他那一班还有副官密基罗,他那一班有二万四千人。5 三月第三班的军长是大祭司耶何耶大的儿子比拿雅,他那一班有二万四千人。6 这比拿雅是那三十位勇士中的一位,管理那三十人;他那一班还有他的儿子暗米萨拔。7 四月第四班的军长是约押的兄弟亚撒黑,接续他的是他的儿子西巴第雅;他那一班有二万四千人。8 五月第五班的军长是伊斯拉人珊合,他那一班有二万四千人。9 六月第六班的军长是提哥亚人益吉的儿子以拉,他那一班有二万四千人。10 七月第七班的军长是以法莲子孙中比伦人希利斯,他那一班有二万四千人。11 八月第八班的军长是谢拉家族户沙人西比该,他那一班有二万四千人。12 九月第九班的军长是便雅悯支派亚拿突人亚比以谢,他那一班有二万四千人。13 十月第十班的军长是谢拉家族尼陀法人玛哈莱,他那一班有二万四千人。14 十一月第十一班的军长是以法莲子孙中的比拉顿人比拿雅,他那一班有二万四千人。15 十二月第十二班的军长是俄陀聂家族尼陀法人黑玳,他那一班有二万四千人。
16 掌管以色列各支派的记在下面:流本支派的首领是细基利的儿子以利以谢;西缅支派的首领是玛迦的儿子示法提雅;17 利未支派的首领是基母利的儿子哈沙比雅;亚伦子孙的首领是撒督;18 犹大支派的首领是大卫的哥哥以利户;以萨迦支派的首领是米迦勒的儿子暗利;19 西布伦支派的首领是俄巴第雅的儿子伊施玛雅;拿弗他利支派的首领是亚斯列的儿子耶利摩;20 以法莲支派的首领是阿撒细雅的儿子何细亚;玛拿西半个支派的首领是毘大雅的儿子约珥;21 基列地玛拿西那半个支派的首领是撒迦利亚的儿子易多;便雅悯支派的首领是押尼珥的儿子雅西业;22 但支派的首领是耶罗罕的儿子亚萨列。以上这些人是以色列各支派的领袖。23 以色列人二十岁以下的,大卫都没有登记他们的数目,因为耶和华曾经说过要增添以色列人的数目,好象天上的星那样多。24 洗鲁雅的儿子约押开始数点,但还没有完成,为了这事耶和华的忿怒就临到以色列人身上,所以以色列的人数没有记在大卫王的年录上。
25 管理王的库房的,是亚叠的儿子押斯马威;管理郊野、城市、乡村和望楼的仓库的,是乌西雅的儿子约拿单;26 管理耕田种地的,是基绿的儿子以斯利;27 管理葡萄园的,是拉玛人示每;管理园里酒库的,是实弗米人撒巴底;28 管理高原橄榄树和桑树的,是基第利人巴力.哈南;管理油库的,是约阿施;29 管理在沙仑牧放的牛群的,是沙仑人施提赉;管理在山谷的牛群的,是亚第赉的儿子沙法;30 管理骆驼的,是以实玛利人阿比勒;管理驴群的,是米仑人耶希底亚;31 管理羊群的,是夏甲人雅悉。以上这些人都是给大卫王管理产业的官员。
32 大卫的叔父约拿单是一个谋士;这人很有智慧,又是一个经学家;哈摩尼的儿子耶歇是王众子的老师。33 亚希多弗也是王的谋士;亚基人户筛是王的朋友;34 亚希多弗以后,有比拿雅的儿子耶何耶大和亚比亚他,接续他作谋士;约押作王的元帅。