1 VERDER het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n mens is die paleis nie, maar vir die Here God.
2 En uit al my krag het ek gereed gelê vir die huis van my God: goud vir die goue en silwer vir die silwer- en koper vir die koper-, yster vir die yster- en hout vir die houtwerke; oniksstene en stene om in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte.
3 Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het:
4 drieduisend talente goud, uit goud van Ofir, en seweduisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;
5 goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpe en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul vir 'n offer aan die Here?
6 Toe het vrywillig gegee: die familie-owerstes en die stamowerstes van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd en ook die owerstes oor die diens van die koning.
7 En hulle het gegee vir die diens van die huis van God: aan goud vyfduisend talente en tienduisend darieke; en aan silwer tienduisend talente; en aan koper agttienduisend talente; en aan yster honderdduisend talente.
8 En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van die Here onder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.
9 En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met 'n volkome hart het hulle vrywillig aan die Here gegee, en ook koning Dawid was baie bly.
10 EN Dawid het die Here geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, Here, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.
11 Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
12 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
13 En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.
14 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
15 Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos 'n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.
16 Here onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, 'n huis te bou — dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.
17 En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.
18 Here, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so 'n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;
19 en gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het.
20 Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die Here julle God. Toe het die hele vergadering die Here, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die Here en voor die koning neergeval.
21 En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan die Here geoffer en brandoffers aan die Here gebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel.
22 En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van die Here met groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede maal koning gemaak en as vors gesalf vir die Here en Sadok as priester gesalf.
23 So het Salomo dan op die troon van die Here gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.
24 En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.
25 En die Here het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en Hy het 'n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.
26 So was dan Dawid, die seun van Ísai, koning oor die hele Israel;
27 en die dae wat hy oor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig geregeer.
28 En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword.
29 En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,
30 saam met sy hele koningskap en sy heldedade en die tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heengegaan het.
1 大卫王对全体会众说:"我的儿子所罗门,是 神所拣选的,现在还年幼识浅,而这工程非常浩大;因为这殿宇不是为人建造,而是为耶和华 神建造的。2 我为我 神的殿已经尽了我的力量,预备了金子做金器,银子做银器,铜做铜器,铁做铁器,木做木器;还有红玛瑙、用作镶嵌的宝石、彩石和各样的宝石,以及很多大理石。3 不但这样,因我爱慕我 神的殿,就在我为建造圣殿预备的一切以外,又把我自己积蓄的金银献给我 神的殿:4 就是俄斐金一百多公吨,精炼的银子约两百四十公吨,用来贴殿里的墙壁;5 金子做金器,银子做银器,以及匠人手所作的各样巧工。今日有谁愿意奉献给耶和华呢?"
6 于是各家族的领袖、以色列各支派的领袖、千夫长、百夫长和管理王的事务的领袖,都乐意奉献。7 为了神殿里的需用,他们奉献了金子一百七十多公吨,银子三百四十多公吨,铜约六百二十公吨和铁三千四百公吨。8 有宝石的,都交到耶和华殿这库房,由革顺人耶歇经办。9 人民因这些人自愿奉献而欢喜,因为他们一心乐意奉献给耶和华,大卫王也非常欢喜。
10 所以大卫在全体会众面前称颂耶和华,说:"耶和华我们的祖先以色列的 神,是应当称颂的,从亘古直到永远。11 耶和华啊,尊大、能力、荣耀、胜利和威严,都是你的;因为天上地下的万有都是你的;耶和华啊,国度是你的,你是至高的,是万有之首。12 富足和尊荣都从你而来,你也统治万有。在你的手里有力量和权能;人的尊大、强盛都是出于你的手。13 我们的 神啊,现在我们要称颂你,赞美你荣耀的名。14 我算甚么?我的人民又算甚么?竟有力量这样乐意奉献?因为万物都是从你而来,我们只是把从你手里得来的,奉献给你。15 我们在你面前是客旅,是寄居的,像我们的列祖一样;我们在世上的日子好象影儿,没有指望。16 耶和华我们的 神啊,我们预备的这一切财物,要为你的圣名建造殿宇,都是从你而来的,也都是属于你的。17 我的 神啊,我知道你察验人心,喜悦正直;至于我,我以正直的心甘愿奉献这一切;现在我也非常欢喜看见你在这里的人民,都甘愿奉献给你。18 耶和华我们列祖亚伯拉罕、以撒、以色列的 神啊,求你永远保守这一件事,就是使你的子民常存这心思意念,坚定他们的心归向你。19 求你赐给我的儿子所罗门专一的心,谨守你的诫命、法度和律例,作成这一切事,用我所预备的一切来建造殿宇。"
20 大卫对全体会众说:"你们应当称颂耶和华你们的 神。"于是全体会众就称颂耶和华他们列祖的 神,俯伏敬拜耶和华和王。21 第二天,他们向耶和华献祭,他们向耶和华献上燔祭;那一天他们献了公牛一千头、公绵羊一千只、羊羔一千只,以及同献的奠祭,又为以色列众人献了许多祭。
22 那一天,他们十分喜乐地在耶和华面前吃喝。他们再次表示拥立大卫的儿子所罗门作王,膏他为耶和华作君王,又膏撒督作祭司。23 于是所罗门坐在耶和华所赐的位上,接续他父亲大卫作王;他凡事亨通,以色列众人都听从他。24 众领袖和勇士,以及大卫王的众子,都顺服所罗门王。25 耶和华使所罗门在以色列众人面前非常尊大,又赐给他君王的威严,胜过在他以前所有的以色列王。
26 耶西的儿子大卫作全以色列的王。27 大卫作王统治以色列的日子共四十年;他在希伯仑作王七年,在耶路撒冷作王三十三年。28 大卫年纪老迈,寿数满足,享尽富足和尊荣才去世;他的儿子所罗门接续他作王。29 大卫王一生始末的事迹,都记在撒母耳先见的书上、拿单先知的书上和迦得先见的书上。30 还有他治理的一切国事,他的英勇事迹,以及在他身上和以色列并各地列国发生的事迹,都记在这些书上。