1 EN hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.
2 Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se belastingpligtige knegte geword het.
3 Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.
4 En Dawid het van hom duisend strydwaens en seweduisend perderuiters en twintigduisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan.
6 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
8 En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak.
9 Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het,
10 stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was 'n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer- en kopervoorwerpe het hy saamgebring.
11 Dit het koning Dawid ook aan die Here geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
12 Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttienduisend.
13 En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
14 En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.
15 En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
16 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.
17 En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning.
1 这事以后,大卫攻打非利士人,征服了他们,从非利士人手中夺了迦特和属于迦特的村庄。2 又攻打摩押,摩押人就归服大卫,给他进贡。
3 琐巴王哈大底谢到幼发拉底河去,要建立自己的势力的时候,大卫就攻打他,直到哈马。4 大卫掳获了他的战车一千辆,马兵七千人,步兵二万名。大卫把所有战车的马的蹄筋都砍断,只留下一百辆车的马。
5 大马士革的亚兰人来帮助琐巴王哈大底谢的时候,大卫就杀了二万二千名亚兰人。6 于是大卫在大马士革的亚兰地驻军,亚兰人就臣服大卫,给他进贡。大卫无论到甚么地方去,耶和华都使他得胜。7 大卫夺取了哈大底谢臣仆所拿的金盾牌,带回耶路撒冷。8 大卫又从属于哈大底谢的提巴和均二城中,夺取了大量的铜;后来所罗门用这些铜来制造铜海、铜柱和一切铜器。
9 哈马王陀乌听见大卫击败了琐巴王哈大底谢的全军,10 就差派自己的儿子哈多兰去见大卫王,给他问安,祝贺他,因为他与哈大底谢交战,击败了哈大底谢。原来陀乌与哈大底谢常有争战。哈多兰送来了各样金、银、铜制的器皿。11 大卫王把这些器皿,连同从各国夺取的金银,就是从以东、摩押、亚扪人、非利士人和亚玛力人夺取的,都分别为圣献给耶和华。
12 洗鲁雅的儿子亚比筛在盐谷击杀了以东人一万八千名。13 大卫在以东设立驻防营,所有以东人就都臣服大卫。大卫无论到甚么地方去,耶和华都使他得胜。
14 大卫作王统治全以色列,以公平和正义对待所有的人。15 洗鲁雅的儿子约押作军队的元帅,亚希律的儿子约沙法作史官,16 亚希突的儿子撒督和亚比亚他的儿子亚希米勒作祭司长,沙威沙作书记;17 耶何耶大的儿子比拿雅统管基利提人和比利提人;大卫的众子都在王的左右作领袖。