Die twaalf seuns van Israel en die nakomelinge van Juda.
1 DIT is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Íssaskar en Sébulon,
2 Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.
3 Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die Here mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.
4 En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.
5 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
6 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.
7 En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
8 En die seuns van Etan was Asárja.
9 En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.
10 En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.
11 En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;
12 en Boas van Obed, en Obed van Ísai;
13 en Ísai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;
14 van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,
15 van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.
16 En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Ásahel, drie.
17 En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.
18 En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.
19 Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.
20 En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.
21 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
22 En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie-en-twintig stede in die land Gílead gehad.
23 En Gesur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.
24 En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.
25 En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.
26 Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.
27 En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.
28 En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.
29 En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.
30 En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.
31 En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.
32 En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.
33 En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.
34 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;
35 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Áttai gebaar.
36 En Áttai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;
37 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;
38 en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;
39 en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;
40 en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;
41 en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.
42 En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene — hy was die vader van Sif — en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.
43 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.
44 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.
45 En die seun van Sámmai was Maon; en Maon was die vader van Bet-Sur.
46 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.
47 En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.
48 Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;
49 en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.
50 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,
51 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.
52 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgōt.
53 En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Sóreatiete en Estaoliete voortgekom.
54 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.
55 En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.
以色列的子孙
1 以色列的儿子是:流本、西缅、利未、犹大、以萨迦、西布伦、2 但、约瑟、便雅悯、拿弗他利、迦得和亚设。
犹大的子孙
3 犹大的儿子是珥、俄南和示拉。这三人是迦南人书亚的女儿所生的。犹大的长子珥行耶和华看为恶的事,耶和华就使他死去。4 犹大的媳妇他玛,给犹大生了法勒斯和谢拉。犹大共有五个儿子。
5 法勒斯的儿子是希斯仑和哈母勒。6 谢拉的儿子是心利、以探、希幔、甲各和大拉,共五人。7 迦米的儿子是亚干;这亚干偷取了当毁灭之物,连累了以色列人。8 以探的儿子是亚撒利雅。
希斯仑的子孙
9 希斯仑所生的儿子是耶拉篾、兰和基路拜。10 兰生亚米拿达;亚米拿达生拿顺;拿顺是犹大人的领袖。11 拿顺生撒门;撒门生波阿斯。12 波阿斯生俄备得;俄备得生耶西。13 耶西生长子以利押、次子亚比拿达、三子示米亚、14 四子拿坦业、五子代拉、15 六子阿鲜、七子大卫。16 他们的姊妹是洗鲁雅和亚比该。洗鲁雅的儿子是亚比筛、约押和亚撒黑,共三人。17 亚比该生亚玛撒;亚玛撒的父亲是以实玛利人益帖。
迦勒的子孙
18 希斯仑的儿子迦勒与妻子阿苏巴生了儿子,也和耶略生了儿子;她的儿子是耶设、朔罢和押墩。19 阿苏巴死了,迦勒又娶以法他;以法他给他生了户珥。20 户珥生乌利;乌利生比撒列。
21 后来希斯仑在六十岁的时候,娶了基列的父亲玛吉的女儿,与她同房,她就给他生了西割。22 西割生睚珥;睚珥在基列地有二十三座城。23 基述人和亚兰人却从他们那里夺取了睚珥的村镇,以及基纳和基纳的村庄,共六十座城。以上这些人都是基列的父亲玛吉的子孙。24 希斯仑在迦勒.以法他死后,他的妻子亚比雅给他生了亚施户;亚施户是提哥亚的父亲。
耶拉篾的子孙
25 希斯仑的长子耶拉篾的儿子是长子兰、布拿、阿连、阿鲜和亚希雅。26 耶拉篾另有一个妻子,名叫亚他拉,是阿南的母亲。27 耶拉篾的长子兰的儿子是玛斯、雅悯和以结。28 阿南的儿子是沙买和雅大;沙买的儿子是拿答和亚比述。29 亚比述的妻子名叫亚比孩;亚比孩给他生了亚办和摩利。30 拿答的儿子是西列和亚遍;西列死了,没有儿子。31 亚遍的儿子是以示;以示的儿子是示珊;示珊的儿子是亚来。32 沙买的兄弟雅大的儿子是益帖和约拿单;益帖死了,没有儿子。33 约拿单的儿子是比勒和撒萨。以上这些人都是耶拉篾的子孙。34 示珊没有儿子,只有女儿;示珊有一仆人,是埃及人,名叫耶哈。35 示珊把女儿嫁给仆人耶哈作妻子,她给耶哈生了亚太。36 亚太生拿单;拿单生撒拔。37 撒拔生以弗拉;以弗拉生俄备得。38 俄备得生耶户;耶户生亚撒利雅。39 亚撒利雅生希利斯;希利斯生以利亚萨。40 以利亚萨生西斯买;西斯买生沙龙。41 沙龙生耶加米雅;耶加米雅生以利沙玛。
迦勒其他的子孙
42 耶拉篾的兄弟迦勒的子孙如下:他的长子是米沙,是西弗的父亲;他的儿子是玛利沙,是希伯仑的父亲。43 希伯仑的儿子是可拉、他普亚、利肯和示玛。44 示玛生拉含,是约干的父亲;利肯生沙买。45 沙买的儿子是玛云;玛云是伯.夙的父亲。46 迦勒的妾以法生哈兰、摩撒和迦谢;哈兰生迦卸。47 雅代的儿子是利健、约坦、基珊、毘力、以法和沙亚弗。48 迦勒的妾玛迦生示别和特哈拿;49 又生麦玛拿的父亲沙亚弗、抹比拿的父亲和基比亚的父亲示法。迦勒的女儿是押撒。50 以上这些人是迦勒的子孙。以法他的长子户珥的儿子是基列.耶琳的父亲朔巴、51 伯利恒的父亲萨玛、伯迦得的父亲哈勒。52 基列.耶琳的父亲朔巴的子孙是哈罗以,以及半数米努.哈人。53 基列.耶琳的众家族是以帖人、布特人、舒玛人、密来人;从这些家族中又生出琐拉人和以实陶人。54 萨玛的子孙是伯利恒人、尼陀法人、亚他绿.伯.约押人、半数玛拿哈人、琐利人;55 住在雅比斯的经学家的众家族,有特拉人、示米押人和苏甲人。他们都是基尼人,是利甲家的祖先哈末的后代。