1 TOE het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.
2 En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.
3 En Joab sê: Mag die Here by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?
4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.
5 En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elfhonderdduisend man wat die swaard uittrek, en Juda vierhonderd-en-sewentigduisend man wat die swaard uittrek.
6 Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab 'n gruwel.
7 En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.
8 Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.
9 En die Here het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:
10 Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die Here: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.
11 Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek die Here: Kies vir jou
12 òf drie jaar lank hongersnood, òf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, òf drie dae lank die swaard van die Here, naamlik pes in die land deurdat die engel van die Here verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.
13 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die Here val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
14 En die Here het 'n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentigduisend man geval.
15 En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die Here dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die Here het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.
16 Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die Here staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.
17 En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? Here, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.
18 Daarop gee die engel van die Here bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die Here 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad wat hy in die Naam van die Here gespreek het.
20 Toe Ornan hom omdraai, sien hy die engel; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek; Ornan het naamlik koring gedors.
21 Toe Dawid by Ornan kom, het Ornan opgekyk en Dawid gesien, en hy het van die dorsvloer uitgegaan en hom voor Dawid met sy aangesig na die aarde gebuig.
22 Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die Here 'n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.
23 Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en die koring as 'n spysoffer; ek gee dit alles.
24 Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die Here neem, dat ek verniet 'n brandoffer sou bring nie.
25 En Dawid het vir die plek seshonderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee.
26 En Dawid het daar vir die Here 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die Here aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.
27 En die Here het die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.
28 In dié tyd, toe Dawid sien dat die Here hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;
29 want die tabernakel van die Here wat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.
30 En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die Here.
1 撒但起来攻击以色列人,引诱大卫去数点以色列人的数目。2 于是大卫对约押和民众的领袖说:"你们去数点以色列人,从别是巴直到但,然后回来见我,让我知道他们的数目。"3 约押说:"愿耶和华使他的子民比现在增加百倍。我主我王啊,他们不都是我主的仆人吗?我主为甚么要作这事呢?为甚么使以色列人陷在罪里呢?"4 但王坚持他的命令,约押不敢违抗;约押就出去,走遍以色列各地,然后回到耶路撒冷。5 约押把数点人民的数目呈报大卫:全以色列能拿刀的人,共有一百一十万;犹大能拿刀的人,共有四十七万。6 唯有利未人和便雅悯人,他没有数点在内,因为约押厌恶王这个命令。
7 神不喜悦这事,所以他击打以色列人。8 大卫对 神说:"我犯了重罪,因为我行了这事;现在求你除去你仆人的罪孽,因我作了十分愚昧的事。"
9 耶和华告诉大卫的先见迦得,说:10 "你去告诉大卫,说:‘耶和华这样说:我给你提出三件事,你可以选择一件,我好向你施行。’"11 于是迦得来见大卫,对他说:"耶和华这样说:‘你可以选择:12 或是三年的饥荒;或是在你敌人面前逃亡,被你仇敌的刀剑追杀三个月;或是耶和华的刀攻击三天,就是在国中发生瘟疫三日,耶和华的使者在以色列的四境施行毁灭。’现在你考虑一下,我该用甚么话回复那差派我来的。"13 大卫对迦得说:"我十分作难,我情愿落在耶和华的手里,因为他有极丰盛的怜悯,我不愿落在人的手里。"
14 于是耶和华使瘟疫降在以色列人身上;以色列人死了七万人。15 神差派一位使者到耶路撒冷去,要毁灭那城;正要施行毁灭的时候,耶和华看见了,就后悔所要降的这灾,于是对施行毁灭的天使说:"够了!住手吧!"那时,耶和华的使者正站在耶布斯人阿珥楠的禾场附近。16 大卫举目看见耶和华的使者站在天地之间,手里拿着出了鞘的刀,指向耶路撒冷。大卫和众长老都穿上麻布,脸伏于地。17 大卫对 神说:"吩咐统计这人民的不是我吗?是我犯了罪,行了这大恶;但这羊群作了甚么呢?耶和华我的 神啊,愿你的手攻击我和我的家族,不可把瘟疫降在你子民的身上。"
18 耶和华的使者吩咐迦得去告诉大卫,叫他上去,在耶布斯人阿珥楠的禾场上,为耶和华筑一座祭坛。19 大卫就照着迦得奉耶和华的名所说的话上去了。20 那时阿珥楠正在打麦子;阿珥楠转过身来看见了天使,就和他的四个儿子一起躲藏起来。21 大卫来到阿珥楠那里,阿珥楠看见大卫,就从禾场上出来,脸伏于地,向大卫下拜。22 大卫对阿珥楠说:"请把这块禾场的地让给我,我要在这里为耶和华筑一座祭坛,请你算足价银让给我,使民间的瘟疫可以止息。"23 阿珥楠对大卫说:"只管拿去吧,我主我王看怎样好就怎样行吧;你看,我把牛给你作燔祭,把打禾的用具当柴烧,拿麦子作素祭;这一切我都送给你。"24 大卫王对阿珥楠说:"不,我必照足价银向你买;我不能拿你的东西献给耶和华,也不能把没有付代价的东西献上作燔祭。"25 于是大卫称了六千八百四十克金子给阿珥楠,买了那块地。26 大卫在那里为耶和华筑了一座祭坛,献上燔祭和平安祭;他呼求耶和华,耶和华就应允他,从天上降火在燔祭坛上。27 耶和华吩咐使者,他就收刀入鞘。
28 那时,大卫见耶和华在耶布斯人阿珥楠的禾场上应允了他,就在那里献祭。29 摩西在旷野所做耶和华的帐幕和燔祭坛,那时都在基遍的高地,30 只是大卫不敢上去求问 神,因为惧怕耶和华使者的刀。31 于是大卫说:"这就是耶和华 神的殿,这就是给以色列人献燔祭的坛。"