1 EN die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel — want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;
2 want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad —
3 die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was: Henog en Pallu, Hesron en Karmi.
4 Die seuns van Joël: sy seun Semája, sy seun Gog, sy seun Símeï;
5 sy seun Miga, sy seun Reája, sy seun Baäl,
6 sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was 'n vors van die Rubeniete.
7 En sy broers volgens elkeen se geslag soos in die geslagsregister opgegee, volgens hulle afstamming, was: Jeï-el, die hoof; verder Sagaría
8 en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël; hy wat in Ároër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het.
9 En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die land Gílead.
10 En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.
11 EN die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.
12 Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan.
13 En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.
14 Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.
15 Ahi, die seun van Ábdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle families.
16 En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.
17 Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Jotam, die koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die koning van Israel.
18 Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier-en-veertigduisend-sewehonderd-en-sestig wat op kommando moes uittrek.
19 En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;
20 en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
21 En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftigduisend; tweehonderd-en-vyftigduisend stuks kleinvee en tweeduisend esels en honderdduisend mense.
22 Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.
23 EN die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.
24 En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Ásriël en Jeremia en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families.
25 Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.
26 Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.
1 以色列的长子流本的儿子如下流本虽然是长子,但是因为他玷污了他父亲的床,他长子的名分就归给以色列的儿子约瑟的儿子,所以按着家谱他不算是长子。2犹大在自己的兄弟中是最强盛的,领袖也是从他而出,但是长子的名分却归约瑟:3 以色列的长子流本的儿子是哈诺、法路、希斯伦和迦米。4 约珥的子孙如下:约珥的儿子是示玛雅,示玛雅的儿子是歌革,歌革的儿子是示每,5 示每的儿子是米迦,米迦的儿子是利.亚雅,利.亚雅的儿子是巴力,6 巴力的儿子是备.拉;备.拉被亚述王提革拉.毘尼色掳去,他是流本支派的首领。7 他的兄弟按着家族历代的谱系记载作首领的,是耶利、撒迦利雅和比拉。8 比拉是亚撒的儿子,亚撒是示玛的儿子,示玛是约珥的儿子。约珥住在亚罗珥,远至尼波和巴力.免。9 他也向东面迁居,直到幼发拉底河这边旷野的边缘,因为他们在基列地的牲畜增多起来。10 扫罗在位的日子,他们与夏甲人作战;夏甲人败在他们手下,他们就在基列东面的全境,住在夏甲人的帐棚里。
11 迦得的子孙在流本支派的对面,住在巴珊地,直到撒迦。12 住在巴珊的有族长约珥,副族长沙番,还有雅乃和沙法。13 他们同家族的兄弟是米迦勒、米书兰、示巴、约赖、雅干、细亚和希伯,共七人。14 以上这些人都是亚比孩的儿子。亚比孩是户利的儿子,户利是耶罗亚的儿子,耶罗亚是基列的儿子,基列是米迦勒的儿子,米迦勒是耶示筛的儿子,耶示筛是耶哈多的儿子,耶哈多是布斯的儿子;15 还有古尼的孙子、押比叠的儿子亚希,是他们家族的首领。16 他们住在基列、巴珊和属于巴珊的村庄,以及沙仑的整个草场,直到四周的边缘。17 以上所有这些人,在犹大王约坦和以色列王耶罗波安在位的日子,都记载在家谱上。
18 流本支派、迦得支派和玛拿西半个支派的人,都是勇士;他们拿盾牌和刀剑,能拉弓射箭,又能出征善战的,共有四万四千七百六十人。19 他们与夏甲人、伊突人、拿非施人和挪答人作战。20 他们得 神的帮助对抗敌人,夏甲人和所有与夏甲人联盟的人,都交在他们手中,因为他们在作战的时候向 神呼求; 神应允了他们,因为他们倚靠他。21 他们又掳掠了敌人的牲畜:骆驼五万、羊二十五万、驴二千,以及人口十万。22 因为这场战争是出于 神,所以敌人被杀的很多;他们就占领了敌人的地方,直到被掳的时候。
23 玛拿西半个支派的人住在那地,从巴珊直到巴力.黑门、示尼珥和黑门山,他们人数众多。24 以下这些人是他们各家族的族长:以弗、以示、以列、亚斯列、耶利米、何达威雅和雅叠;他们都是英勇的战士,著名的人物,也是各家族的族长。
25 他们背弃了他们列祖的 神,随从当地民族的神行邪淫; 神曾从他们面前消灭了这些民族。26 因此,以色列的 神激动了亚述王普勒的心,就是亚述王提革拉.毘尼色的心,他就把流本支派、迦得支派和玛拿西半个支派的人掳到哈腊、哈博和哈拉,以及歌散河边,他们的后裔直到今日还在那里。