1 DAARNA het Nahas, die koning van die kinders van Ammon, gesterwe, en sy seun het in sy plek koning geword.
2 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, want sy vader het aan my guns bewys. Daarom het Dawid boodskappers gestuur om hom te troos oor sy vader. Toe dan die dienaars van Dawid in die land van die kinders van Ammon by Hanun aankom om hom te troos,
3 het die vorste van die kinders van Ammon vir Hanun gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het sy dienaars nie na u gekom om die land te deursoek en dit om te keer en te verken nie?
4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer hulle en sny hulle klere in die helfte af tot by die sitplek, en hy het hulle laat gaan.
5 En toe hulle heengegaan het en van Dawid aangaande die manne berig gebring is, stuur hy bodes om hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.
6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Mesopotámië en uit Aram-Máäga en uit Soba te huur.
7 En hulle het vir hulle twee-en-dertigduisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voor Medéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.
8 En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.
9 En die kinders van Ammon het uitgetrek en hulle in slagorde opgestel by die ingang van die stad, terwyl die konings wat gekom het, afsonderlik in die veld was.
10 Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel.
11 Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.
12 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom.
13 Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die Here dan doen wat goed is in sy oë!
14 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug.
15 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.
16 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.
17 Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg.
18 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs seweduisend trekperde en veertigduisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood.
19 En toe die dienaars van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie.
1 后来,亚扪人的王拿辖死了,他的儿子接续他作王。2 大卫说:"我要恩待拿辖的儿子哈嫩,因为他的父亲曾恩待我。"于是大卫差派使者去为了他丧父的事安慰他。大卫的臣仆到了亚扪人境内,去见哈嫩要安慰他。3 但亚扪人的众领袖对哈嫩说:"大卫差派这些慰问的人到你这里来,你以为他是尊敬你父亲吗?他的臣仆来见你,不是为了窥探、倾覆、侦察这地吗?"4 于是,哈嫩拿住大卫的臣仆,剃去他们的胡须,又把他们的衣服,从臀部以下割去半截,然后才放他们走。5 有人去把这些人遭遇的事告诉大卫,他就派人去迎接他们;因为他们非常羞耻,王就说:"你们可以住在耶利哥,等到你们的胡须长长了才回来。"
6 亚扪人看见自己与大卫结了仇恨,哈嫩和亚扪人就派人用三万公斤银子,从米所波大米、亚兰玛迦和琐巴去雇战车和马兵。7 他们雇了三万二千辆战车,以及玛迦王和他的军队;他们都来在米底巴前面安营。亚扪人也从他们的各城聚集起来,出来作战。8 大卫听见了,就差派约押和全体勇士出去。9 亚扪人出来,在城门前摆阵;前来助阵的列王,也在田野摆阵。
10 约押看见自己前后受敌,就从以色列所有的精兵中,挑选一部分出来,使他们摆阵去迎战亚兰人,11 他把其余的人交在他兄弟亚比筛手下,使他们摆阵去迎战亚扪人。12 约押对亚比筛说:"如果亚兰人比我强,你就来帮助我;如果亚扪人比你强,我就去帮助你。13 你当刚强;为了我们的人民和我们 神的众城镇,我们要刚强;愿耶和华成全他看为美的行事。"
14 于是约押和他的军队前进,预备作战攻打亚兰人;亚兰人却在约押面前逃跑了。15 亚扪人看见亚兰人逃跑,他们也在约押的兄弟亚比筛面前逃跑,退回城里。约押就回耶路撒冷去了。
16 亚兰人看见自己在以色列人面前被打败,就差派使者去把大河那边的亚兰人调过来,有哈大底谢的元帅朔法率领他们。17 大卫得到报告,就招聚以色列众人,渡过约旦河,来到亚兰人那里,向他们摆阵。大卫摆好阵迎战亚兰人,亚兰人就与他交战。18 亚兰人在以色列人面前逃跑;大卫杀了亚兰人七千辆战车上的军兵和四万步兵。又杀了亚兰人的元帅朔法。19 哈大底谢的臣仆看见自己在以色列人面前被打败了,就与大卫议和,臣服了他;于是亚兰人不敢再帮助亚扪人。