1 TOE het Dawid al die owerstes van Israel, die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars en die helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.
2 En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die Here te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.
3 Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie 'n huis bou nie, want jy is 'n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.
4 Maar die Here, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.
5 En uit al my seuns — want die Here het my baie seuns gegee — het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die Here oor Israel.
6 En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as 'n seun verkies, en Ék sal vir hom 'n Vader wees.
7 En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.
8 Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die Here, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die Here julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.
9 En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
10 Kyk nou, die Here het jou verkies om 'n huis vir 'n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit.
11 En Dawid het aan sy seun Salomo 'n voorbeeld gegee van die voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sy bovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek van die versoendeksel;
12 en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die Here en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;
13 en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die Here en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die Here;
14 aan goud, het hy gegee, volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens;
15 en die gewig aan goud vir die goue kandelaars en hulle lampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van 'n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar;
16 en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels;
17 en vir die vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;
18 en vir die reukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa, die gérubs, wat hul vlerke moet uitsprei en die verbondsark van die Here moet beskut.
19 Dit alles — al die werke van die voorbeeld — het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die Here wat oor my was.
20 En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die Here God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die Here voltooi het.
21 En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.
1 大卫把以色列的众领袖:各支派的领袖、轮班服事王的领袖、千夫长、百夫长、掌管王和王子们一切财产与牲畜的领袖,以及太监、显贵和所有英勇的战士,都召集到耶路撒冷来。2 大卫王站起来,说:"我的兄弟,我的人民哪,你们要听我的话;我心里有意要建造一所安放耶和华的约柜的殿宇,作我们的 神的脚凳,并且我已经准备好要建造。3 可是 神对我说:‘你不可为我的名建造殿宇,因为你是个战士,曾杀人流血。’4 然而耶和华以色列的 神,在我父的全家拣选了我作以色列人的王,直到永远;因为他拣选了犹大作领袖;在犹大家中拣选了我的父家;在我父亲的众子中,他喜悦我,立我作全以色列的王;5 在我的众子中因为耶和华赐给我许多儿子,他拣选了我的儿子所罗门,坐耶和华的国位,统治以色列。6 耶和华对我说:‘你的儿子所罗门要建造我的殿宇和庭院;因为我已经拣选他作我的儿子,我也要作他的父亲。7 如果他坚心遵行我的诫命和典章,像今日一样,我必坚立他的国,直到永远。’8 所以现今在耶和华的会众,全体以色列人面前,我们的 神也在垂听,你们务要谨守和寻求耶和华你们 神的一切诫命,使你们可以承受那美地,并且遗留给你们以后的子孙,永远作为产业。
9 "至于你,我儿所罗门哪,你要认识耶和华你父亲的 神,一心乐意事奉他,因为耶和华鉴察万人的心,知道人的一切心思意念。你若是寻求他,就必寻见;你若是离弃他,他必永远丢弃你。10 现在你当谨慎,因为耶和华拣选了你建造殿宇,作为圣所;你要勇敢地去作。"
11 大卫把殿的走廊、房屋、库房、阁楼、内殿和安放施恩座的圣所的图样,都交给他的儿子所罗门;12 又把他心中所想的图样,就是耶和华殿的院子、四周所有的房屋、神殿里的库房和圣物库房的图样,都指示了他;13 又把祭司和利未人的班次,耶和华殿里各样的职事和耶和华殿里一切需用的器皿,都指示了他;14 大卫又指示了他用多少金子做各样需用的金器;用多少银子做各样需用的银器;15 用多少金子做金灯台和台上的金灯;用多少金子做每盏金灯台和台上的金灯;用多少银子做银灯台和台上的银灯。每盏银灯台和台上的银灯用多少银子,都按照每盏灯台的用途;16 用多少金子做陈设饼的桌子;用多少银子做银桌子;17 用多少纯金做叉、盘和壶;用多少金子做金碗,每只碗重量多少;用多少银子做银碗,每只碗重量多少;18 用多少精金做香坛;又用金子做基路伯,像车的样子;基路伯展开翅膀,遮盖着耶和华的约柜。19 大卫说:"以上这一切,就是一切工作的样式,都是耶和华用手写给我,使我明白的。"
20 大卫又对他的儿子所罗门说:"你要坚强勇敢地去作,不要惧怕,也不要惊惶,因为耶和华 神,就是我的 神,与你同在;他必不撇下你,也不丢弃你,直到耶和华殿的一切工作都完成。21 你看,有祭司和利未人的各班次,办理神殿里的一切事务;又有各种的巧匠,在各样的工作上,乐意帮助你,并且众领袖和所有的人民,都听从你的一切命令。"