1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.4 Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.5 Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.6 Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.7 Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!8 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!9 HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.10 Wat betref die hoof van die wat my omring -- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.11 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!12 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld -- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.13 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ]
Publicidade
Salmos 140
Publicidade
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos