Vir konings en staatsmanne.
1 VAN Dawid. 'n Psalm.
Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o Here!
2 Ek wil ag gee op regskape wandel — wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.
3 Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.
4 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.
5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.
6 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.
7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.
8 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die Here uit te roei.
1 Av David; en salme. Om miskunn og rett vil jeg synge; dig, Herre, vil jeg lovsynge. 2 Jeg vil akte på den rettsindiges vei(-)når vil du komme til mig? Jeg vil vandre i mitt hjertes uskyld i mitt hus. 3 Jeg vil ikke sette mig fore noget nidingsverk; å gjøre overtredelser hater jeg, det skal ikke henge ved mig. 4 Et falskt hjerte skal vike fra mig, den onde vil jeg ikke vite av. 5 Den som baktaler sin næste i lønndom, ham vil jeg utrydde; den som har stolte øine og et opblåst hjerte, ham kan jeg ikke tåle. 6 Mine øine ser efter de trofaste i landet, forat de skal bo hos mig; den som vandrer på den rettsindiges vei, han skal tjene mig. 7 Der skal ikke i mitt hus bo nogen som farer med svik; den som taler løgn, skal ikke bli stående for mine øine. 8 Hver morgen vil jeg tilintetgjøre alle ugudelige i landet for å utrydde av Herrens stad alle dem som gjør urett.