Gebedsvertroue van Dawid.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Hoe lank, Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?
3 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?
4 Aanskou tog, verhoor my, Here, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;
5 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.
6 Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.
1 Til sangmesteren; en salme av David. 2 Hvor lenge, Herre, vil du glemme mig evindelig? Hvor lenge vil du skjule ditt åsyn for mig? 3 Hvor lenge skal jeg huse sorgfulle tanker i min sjel, kummer i mitt hjerte den hele dag? Hvor lenge skal min fiende ophøie sig over mig? 4 Se hit, svar mig, Herre min Gud! Opklar mine øine, forat jeg ikke skal sove inn i døden, 5 forat ikke min fiende skal si: Jeg fikk overhånd over ham, forat ikke mine motstandere skal fryde sig når jeg vakler! 6 Men jeg setter min lit til din miskunnhet; mitt hjerte skal fryde sig i din frelse; jeg vil lovsynge Herren, for han har gjort vel imot mig.