1 Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.

2 En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.

3 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.

4 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap;

5 en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?

6 En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.

7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.

8 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.

9 En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

10 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?

11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

1 耶稣往橄榄山去。

2 黎明的时候, 他又到圣殿去, 众人都来到他那里, 他就坐下教导他们。

3 经学家和法利赛人带了一个行淫时被抓到的妇人来, 叫她站在中间,

4 就对耶稣说: "先生, 这妇人是正在犯奸淫的时候被抓到的。

5 摩西在律法上吩咐我们把这样的妇人用石头打死, 你怎样说呢?"

6 他们说这话是要试探耶稣, 要找把柄来控告他。耶稣却弯下身, 用指头在地上写字。

7 他们不住地问耶稣, 他就挺起身来, 说: "你们中间谁是没有罪的, 他就可以先拿起石头打她。"

8 于是又弯下身在地上写字。

9 他们听了这话, 就从年老的开始, 一个一个地都离开了, 留下的只有耶稣和那个还站在那里的妇人。

10 耶稣挺起身来, 问她: "妇人, 他们在哪里?没有人定你的罪吗?"

11 她说: "主啊! 没有。"耶稣说: "我也不定你的罪。走吧, 从现在起不要再犯罪了。"