Pular para o conteúdo
Publicidade

Ekoruhe 13

AFR53

1 Ā, i kōrero a Ihowā ki a Mohi, i mea: 2 "Whakatapua māku ngā mea mātāmua katoa; ngā mea katoa a ngā tama a Īharaira e oroko puta mai ana i te kōpū, a te tangata, a te kararehe, māku."

Te Hākari o te Taro Rēwenakore

3 Ā, i mea a Mohi ki te iwi, "Kia mahara ki tēnei i haere atu ai koutou i Īhipa, i te whare pononga; he kaha hoki te ringa i whakaputaina ai koutou e Ihowā i konei. Kaua hoki te taro rēwena e kainga. 4 Ko te tēnei i haere atu ai koutou, ko Apipi te marama. 5 , ka kawea koe a mua e Ihowā ki te whenua o ngā Kanaani, o ngā Hiti, o ngā Amori, o ngā Hiwi, o ngā Iepuhi, i oati ai ia ki ōu mātua ka hoatu ki a koe, he whenua e rerengia ana e te waiū, e te honi, ko reira koe mahi ai i tēnei mea, i tēnei marama anō. 6 E whitu ngā e kai ai koe i te taro rēwenakore, ā, hei te whitu te hākari a Ihowā. 7 E whitu ngā e kainga ai te taro rēwenakore; aua hoki te taro rēwena e kitea ki a koe; aua anō e kitea ki a koe he rēwena i ōu rohe katoa. 8 Ā, māu e kōrero ki tāu tama i taua , e mea, Ihowā i mea ai ki ahau tēnei, i tōku haerenga mai i Īhipa.9 Hei tohu anō tēnā ki a koe i tōu ringa, hei whakamahara hoki ki waenganui i ōu kanohi; kia mau ai te ture a Ihowā i roto i tōu waha; he kaha hoki te ringa i whakaputaina ai koe e Ihowā i Īhipa. 10 , kia mau ki tēnei tikanga i tōna anō, i tēnei tau, i tēnei tau."

Te Utua o te Mātāmua

11 ", ka kawea koe e Ihowā ki te whenua o ngā Kanaani, ki tāna i oati ai ki a koutou ko ōu mātua, ā, ka hōmai a reira e ia ki a koe, 12 ko reira wehea ai e koe Ihowā ngā mea katoa e puta tuatahi mai ana i te kōpū, me ngā mātāmua katoa o āu kararehe; ko ngā tāne Ihowā. 13 Otiia, me utu e koe ki te reme ngā mātāmua katoa a te kāihe; ā, ki te kāhore e utua e koe, whatia tōna kakī. Ko ngā mātāmua katoa hoki a te tangata, i roto i āu tamariki, me utu e koe.

14 "Ā tēnei ake, ki te ui tāu tama ki a koe ā mua, ki te mea, He aha tēnei?, ka mea ki a ia, He kaha te ringa i whakaputaina mai ai mātou e Ihowā i Īhipa, i te whare pononga. 15 Ā, i te mea ka pakeke a Parao ki te tuku i a mātou, , patua iho e Ihowā ngā mātāmua katoa o te whenua o Īhipa, te mātāmua a te tangata, te mātāmua anō hoki a te kararehe. reira i patua ai e ahau Ihowā ngā mea katoa e puta tuatahi mai ana i te kōpū, ngā toa; ko ngā mātāmua katoa ia o āku tama e utua ana e ahau.16 Ā, hei tohu tēnā ki tōu ringa hei pare ki waenganui i ōu kanohi; he kaha hoki te ringa i whakaputaina mai ai mātou e Ihowā i Īhipa."

Te Pou Kapua me te Pou Kāpura

17 Ā, i te tukunga o te iwi e Parao, kīhai a Ihowā i ārahi i a rātou te huarahi i te whenua o ngā Pirihitini, ahakoa tata tērā; i mea hoki te Atua, "Kei āwangawanga te iwi, ua kite rātou i te pakanga, ā, ka hoki ki Īhipa." 18 Engari i ārahina āwhiotia te iwi e te Atua te huarahi i te koraha o te Moana Whero, ā, haere tōpuni ana ngā tama a Īharaira i te whenua o Īhipa.

19 I maua atu anō e Mohi ngā wheua o Hōhepa; nāna hoki i whakaoati mārie ngā tama a Īharaira, i mea, "Ka tīkina mai koutou, ka āta tirohia e te Atua; ā, koutou e mau atu ōku wheua i konei."

20 Ā, ka tūria mai e rātou i Hukota, ā, noho rawa ki Ētama, ki te pito o te koraha. 21 Ā, haere ana a Ihowā i mua i a rātou, i te pou kapua i te awatea, hei ārahi i a rātou i te huarahi; i te pou kāpura anō i te , hei whakamārama i a rātou; kia haere ai rātou i te ao, i te . 22 Kīhai i tangohia e ia te pou kapua i te aroaro o te iwi i te awatea, me te pou kāpura hoki i te .

Wet van die eersgeborenes.

1 TOE het die Here met Moses gespreek en gesê:

2 Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.

3 Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die Here het julle deur 'n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.

4 Vandag trek julle uit, in die maand Abib.

5 En as die Here jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou.

6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die Here.

7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.

8 En jy moet jou seun op dié dag vertel en : Dit geskied ter wille van wat die Here aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.

9 En dit moet vir jou as 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou , sodat die wet van die Here in jou mond mag wees; want deur 'n sterke hand het die Here jou uit Egipte uitgelei.

10 Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.

11 En as die Here jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met 'n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,

12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die Here afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal wat manlik is, behoort aan die Here.

13 Maar elke eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.

14 En as jou seun jou later vra en : Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die Here het ons deur 'n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.

15 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die Here alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.

16 En dit sal as 'n teken wees op jou hand en 'n voorhoofsband tussen jou ; want die Here het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Tog na die Skelfsee.

17 TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.

18 Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.

19 En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: God sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.

20 So het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.

21 En die Here het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.

22 Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

Veja também