1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
2 En gedurende die maaltyd -- die duiwel het dit al in die hart van Judas Isk riot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai --
3 het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,
4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.
5 Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.
6 Hy kom toe by Simon Petrus en die sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?
7 Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.
8 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.
9 Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.
10 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
11 Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?
13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
14 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
15 Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.
16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
1 逾越节以前, 耶稣知道自己离开这世界回到父那里去的时候到了。他既然爱世上属于自己的人, 就爱他们到底。
2 吃晚饭的时候(魔鬼已经把出卖耶稣的意念放在西门的儿子加略人犹大的心里),
3 耶稣知道父已经把万有交在他手中, 并且知道自己从 神而来, 又要回到 神那里去,
4 就起身离席, 脱去外衣, 拿一条手巾束腰。
5 然后他倒了一盆水, 洗门徒的脚, 并且用束腰的手巾擦干。
6 轮到西门.彼得, 彼得就说: "主啊, 你要洗我的脚吗?"
7 耶稣回答: "我所作的, 你现在不知道, 以后就会明白。"
8 彼得说: "不行, 你千万不可洗我的脚! "耶稣说: "如果我不洗你的脚, 你就与我没有关系了。"
9 西门.彼得说: "主啊, 那就不单洗我的脚, 连我的手和头都洗吧! "
10 耶稣说: "洗过澡的人, 全身都洁净, 只需要洗脚就可以了。你们是洁净的, 但不是人人都是这样。"
11 原来耶稣知道谁要出卖他, 所以他说"你们不是人人都是洁净的"。
12 耶稣洗完了门徒的脚, 就穿上外衣, 再坐下来, 对他们说: "我给你们作的, 你们明白吗?
13 你们称呼我‘老师, 主’, 你们说得对, 我本来就是。
14 我是主, 是老师, 尚且洗你们的脚, 你们也应当彼此洗脚。
15 我作了你们的榜样, 是要你们也照着我所作的去行。
16 我实实在在告诉你们, 仆人不能大过主人, 奉差遣的也不能大过差他的人。
17 你们既然知道这些事, 如果去实行, 就有福了。