1 Ahaz was twenty years old when he began to reign; and he reigned sixteen years in Jerusalem. And he did not what was right in the sight of Jehovah, like David his father,2 but walked in the ways of the kings of Israel, and even made molten images for the Baals;3 and he burned incense in the valley of the son of Hinnom, and burned his sons in the fire, according to the abominations of the nations that Jehovah had dispossessed from before the children of Israel.4 And he sacrificed and burned incense on the high places, and on the hills, and under every green tree.5 Therefore Jehovah his God gave him into the hand of the king of Syria; and they smote him, and carried away a great multitude of them captives, and brought them to Damascus. And he was also given into the hand of the king of Israel, who smote him with a great slaughter.6 And Pekah the son of Remaliah slew in Judah a hundred and twenty thousand in one day, all valiant men, because they had forsaken Jehovah the God of their fathers.7 And Zichri, a mighty man of Ephraim, slew Maaseiah the king's son, and Azrikam the governor of the house, and Elkanah the second to the king.8 And the children of Israel carried away captive of their brethren two hundred thousand, women, sons, and daughters, and took away also much spoil from them, and brought the spoil to Samaria.9 But a prophet of Jehovah was there, whose name was Oded; and he went out before the host that came to Samaria, and said unto them, Behold, because Jehovah the God of your fathers was wroth with Judah, he gave them into your hand, and ye have slain them in a rage that reaches up to heaven.10 And now ye think to subjugate the children of Judah and Jerusalem as your bondmen and bondwomen. Are there not with you, even with you, trespasses against Jehovah your God?11 And now hear me, and send back the captives again, whom ye have taken captive of your brethren; for the fierce wrath of Jehovah is upon you.12 And certain of the heads of the children of Ephraim, Azariah the son of Johanan, Berechiah the son of Meshillemoth, and Hezekiah the son of Shallum, and Amasa the son of Hadlai, stood up against them that came from the war,13 and said to them, Ye shall not bring in the captives hither; because, for our guilt before Jehovah, ye think to increase our sins and our trespasses: for our trespass is great, and fierce wrath is upon Israel.14 Then the armed men left the captives and the spoil before the princes and all the congregation.15 And the men that have been expressed by name rose up, and took the captives, and with the spoil clothed all that were naked among them, and arrayed them, and shod them, and gave them to eat and to drink, and anointed them, and carried all the feeble of them on asses, and brought them to Jericho the city of palm-trees, to their brethren. And they returned to Samaria.16 At that time king Ahaz sent to the kings of Assyria to help him.17 And again the Edomites came and smote Judah, and carried away captives.18 And the Philistines invaded the cities of the lowland, and of the south of Judah, and took Beth-shemesh, and Ajalon, and Gederoth, and Socho and its dependent villages, and Timnah and its dependent villages, and Guimzo and its dependent villages; and they dwelt there.19 For Jehovah humbled Judah because of Ahaz king of Israel, for he had made Judah lawless, and transgressed much against Jehovah.20 And Tilgath-Pilneser king of Assyria came to him, and troubled him, and did not support him.21 For Ahaz stripped the house of Jehovah, and the house of the king and of the princes, and gave to the king of Assyria; but he was of no help to him.22 And in the time of his trouble he transgressed yet more against Jehovah, this king Ahaz.23 And he sacrificed to the gods of Damascus, which had smitten him; and he said, Since the gods of the kings of Syria help them, I will sacrifice to them, that they may help me. But they were the ruin of him, and of all Israel.24 And Ahaz gathered the vessels of the house of God, and cut in pieces the vessels of the house of God, and closed the doors of the house of Jehovah, and he made for himself altars in every corner of Jerusalem.25 And in every several city of Judah he made high places to burn incense to other gods, and provoked to anger Jehovah the God of his fathers.26 And the rest of his acts, and all his ways, first and last, behold, they are written in the book of the kings of Judah and Israel.27 And Ahaz slept with his fathers, and they buried him in the city, in Jerusalem; but they brought him not into the sepulchres of the kings of Israel. And Hezekiah his son reigned in his stead.
1 Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE soos sy vader Dawid nie.2 Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfs gegote beelde vir die Ba„ls gemaak.3 Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.5 Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en die het hom verslaan, 'n groot slag.6 Peka, die seun van Rem lia, het naamlik in Juda op een dag honderd en twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het.7 En Sigri, 'n held van Efraim, het Ma„s,ja, die seun van die koning, en Asr¡kam, die bevelhebber van die paleis, en Âlkana, die tweede onder die koning, gedood.8 En die kinders van Israel het van hulle broers twee honderd duisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook 'n groot buit van hulle geroof en die buit na Samar¡a gebring.9 En daar was 'n profeet van die HERE met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samar¡a, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die HERE, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met 'n woede wat tot aan die hemel raak.10 En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor die HERE julle God nie?11 Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die HERE is op julle!12 Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: As rja, die seun van Johanan, Ber,gja, die seun van Mes¡llemot, en Jehisk¡a, die seun van Sallum, en Am sa, die seun van H dlai,13 en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die HERE; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.14 Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.15 En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na J,rigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samar¡a teruggegaan.16 In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.17 Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.18 Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-S,mes en Ajalon en G,derot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;19 want die HERE het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die HERE gehandel het.20 En Tilgat-Piln,ser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie;21 want Agas het die huis van die HERE en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.22 Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die HERE begaan, dieselfde koning Agas:23 hy het geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan hulle offer, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot 'n val gebring.24 En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die HERE toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.25 Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, geterg.26 En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel.27 En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem; want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie. En sy seun Jehisk¡a het in sy plek koning geword.