1 Tutta la terra parlava la stessa lingua e usava le stesse parole. 2 E avvenne che, essendo partiti verso l’Oriente, gli uomini trovarono una pianura nel paese di Scinear, e lì si stanziarono. 3 E dissero l’uno all’altro: "Avanti, facciamo dei mattoni e cuociamoli con il fuoco!"; e usarono mattoni invece di pietre, e bitume invece di malta. 4 Poi dissero: "Venite, costruiamoci una città e una torre la cui cima giunga fino al cielo, e acquistiamoci fama, affinché non siamo dispersi sulla faccia di tutta la terra". 5 L’Eterno discese per vedere la città e la torre che i figli degli uomini costruivano. 6 E l’Eterno disse: "Ecco, essi sono un solo popolo e hanno tutti il medesimo linguaggio; questo è il principio del loro lavoro; ora nulla impedirà loro di condurre a termine ciò che intendono fare. 7 Venite, scendiamo e confondiamo il loro linguaggio, affinché l’uno non capisca il parlare dell’altro!". 8 Così l’Eterno li disperse di là sulla faccia di tutta la terra, ed essi cessarono di costruire la città. 9 Perciò a questa fu dato il nome di Babele perché lì l’Eterno confuse il linguaggio di tutta la terra, e di là l’Eterno li disperse sulla faccia di tutta la terra.
10 Questa è la discendenza di Sem. Sem, all’età di cento anni, generò Arpacsad, due anni dopo il diluvio. 11 E Sem, dopo aver generato Arpacsad, visse cinquecento anni e generò figli e figlie. 12 Arpacsad visse trentacinque anni e generò Sela; e Arpacsad, dopo aver generato Sela, 13 visse quattrocento anni e generò figli e figlie. 14 Sela visse trent’anni e generò Eber; 15 e Sela, dopo aver generato Eber, visse quattrocentotré anni e generò figli e figlie. 16 Eber visse trentaquattro anni e generò Peleg; 17 ed Eber, dopo aver generato Peleg, visse quattrocentotrent’anni e generò figli e figlie. 18 Peleg visse trent’anni e generò Reu; 19 e Peleg, dopo aver generato Reu, visse duecentonove anni e generò figli e figlie. 20 Reu visse trentadue anni e generò Serug; 21 e Reu, dopo aver generato Serug, visse duecentosette anni e generò figli e figlie. 22 Serug visse trent’anni e generò Naor; 23 e Serug, dopo aver generato Naor, visse duecento anni e generò figli e figlie. 24 Naor visse ventinove anni e generò Tera; 25 e Naor, dopo aver generato Tera, visse centodiciannove anni e generò figli e figlie. 26 Tera visse settant’anni e generò Abramo, Naor e Aran. 27 E questa è la discendenza di Tera. Tera generò Abramo, Naor e Aran; e Aran generò Lot. 28 Aran morì in presenza di Tera suo padre, nel suo paese di origine, in Ur dei Caldei. 29 E Abramo e Naor si presero delle mogli: il nome della moglie di Abramo era Sarai; e il nome della moglie di Naor, Milca, che era figlia di Aran, padre di Milca e padre di Isca. 30 E Sarai era sterile; non aveva figli. 31 Tera prese Abramo, suo figlio, e Lot, figlio di Aran, cioè figlio di suo figlio e Sarai sua nuora, moglie di Abramo suo figlio, e uscirono insieme da Ur dei Caldei per andare nel paese di Canaan; e, giunti a Caran, dimorarono lì. 32 E il tempo che Tera visse fu duecentocinque anni; poi Tera morì in Caran.
1 EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.
3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
5 Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
6 En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
8 So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.
10 DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.
11 En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
12 Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
13 En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
15 En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
16 Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
17 En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
19 En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20 Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
21 En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.
23 En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
24 Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.
25 En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.
27 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.
29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.
31 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
32 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.