Publicidade

Gênesis 9

AFR53
Il patto di Dio con l’uomo

1 Dio benedisse Noè e i suoi figli, e disse loro: "Crescete, moltiplicatevi, e riempite la terra. 2 E avranno timore e spavento di voi tutti gli animali della terra e tutti gli uccelli del cielo. Essi sono dati in vostro potere con tutto ciò che striscia sulla terra e con tutti i pesci del mare. 3 Tutto ciò che si muove e ha vita vi servirà di cibo; io vi do tutto questo, come l’erba verde; 4 ma non mangerete carne con la sua vita, cioè con il suo sangue. 5 Certo, io chiederò conto del vostro sangue, del sangue della vostra vita; ne chiederò conto a ogni animale; e chiederò conto della vita dell’uomo alla mano dell’uomo, alla mano di ogni suo fratello. 6 Il sangue di chiunque spargerà il sangue dell’uomo sarà sparso dall’uomo, perché Dio ha fatto l’uomo a sua immagine. 7 Voi dunque crescete e moltiplicatevi; spandetevi sulla terra e moltiplicatevi in essa". 8 Poi Dio parlò a Noè e ai suoi figli con lui, dicendo: 9 "Quanto a me, ecco, stabilisco il mio patto con voi e con la vostra progenie dopo voi, 10 e con tutti gli esseri viventi che sono con voi: uccelli, bestiame, e tutti gli animali della terra con voi; da tutti quelli che sono usciti dall’arca, a tutti quanti gli animali della terra. 11 Io stabilisco il mio patto con voi, e nessun essere vivente sarà più sterminato dalle acque del diluvio, e non ci sarà più diluvio per distruggere la terra". 12 E Dio disse: "Ecco il segno del patto che io faccio tra me e voi e tutti gli esseri viventi che sono con voi, per tutte le generazioni future. 13 Io pongo il mio arco nella nuvola, e servirà di segno del patto fra me e la terra. 14 Avverrà che quando avrò raccolto delle nuvole al di sopra della terra, l’arco apparirà nelle nuvole, 15 e io mi ricorderò del mio patto fra me e voi e ogni essere vivente di ogni carne, e le acque non diventeranno più un diluvio per distruggere ogni carne. 16 L’arco dunque sarà nelle nuvole, e io lo guarderò per ricordarmi del patto perpetuo fra Dio e ogni essere vivente, di qualunque carne che è sulla terra". 17 Dio disse a Noè: "Questo è il segno del patto che io ho stabilito fra me e ogni carne che è sulla terra".

Profezia di Noè relativa ai suoi discendenti

18 E i figli di Noè che uscirono dall’arca erano Sem, Cam e Iafet; Cam è il padre di Canaan. 19 Questi sono i tre figli di Noè e da loro fu popolata tutta la terra. 20 Noè, che era agricoltore, cominciò a piantare la vigna; 21 e bevve del vino, s’inebriò e si denudò in mezzo alla sua tenda. 22 E Cam, padre di Canaan, vide la nudità di suo padre, e andò a dirlo ai suoi fratelli che stavano fuori. 23 Ma Sem e Iafet presero il suo mantello, se lo misero assieme sulle spalle, e, camminando all’indietro, coprirono la nudità del loro padre; e siccome avevano la faccia rivolta alla parte opposta, non videro la nudità del loro padre. 24 E quando Noè si svegliò dalla sua ebbrezza, seppe quello che gli aveva fatto il figlio minore, e disse: 25 "Maledetto sia Canaan! Sia servo dei servi dei suoi fratelli!". Poi disse ancora: 26 "Benedetto sia l’Eterno, l’Iddio di Sem, e sia Canaan suo servo! 27 Dio estenda Iafet, e abiti nelle tende di Sem, e Canaan sia suo servo!". 28 Noè visse, dopo il diluvio, trecentocinquant’anni. 29 Tutto il tempo che Noè visse fu novecentocinquant’anni; poi morì.

Verbond van God met Noag.

1 EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

2 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.

3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.

4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.

5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.

6 Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.

7 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.

8 Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:

9 Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag julle,

10 en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.

11 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

12 En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:

13 my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

14 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,

15 dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.

16 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.

17 En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.

Die seuns van Noag.

18 EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.

19 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.

20 En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant.

21 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.

22 En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.

23 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.

24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,

25 hy: Vervloek is Kanaän! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.

26 Verder het hy gesê: Geseënd is die Here, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

27 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

28 En Noag het die vloed driehonderd-en-vyftig jaar gelewe.

29 So was dan al die dae van Noag negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterwe.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-