1 Dopo queste cose, Dio mise alla prova Abraamo, e gli disse: "Abraamo!". Ed egli rispose: "Eccomi". 2 E Dio disse: "Prendi ora tuo figlio, il tuo unico, colui che ami, Isacco, e va’ nel paese di Moria, e là offrilo in olocausto sopra uno dei monti che ti dirò". 3 Abraamo si alzò la mattina di buon’ora, mise la sella al suo asino, prese con sé due dei suoi servitori e Isacco suo figlio, spaccò della legna per l’olocausto, poi partì per andare al luogo che Dio gli aveva detto. 4 Il terzo giorno, Abraamo alzò gli occhi e vide da lontano il luogo. 5 Abraamo disse ai suoi servitori: "Rimanete qui con l’asino; io e il ragazzo andremo fin là e adoreremo; poi torneremo da voi". 6 E Abraamo prese la legna per l’olocausto e la mise addosso a Isacco suo figlio; poi prese in mano il fuoco e il coltello, ed entrambi s’incamminarono assieme. 7 Isacco parlò ad Abraamo suo padre e disse: "Padre mio!". Abraamo rispose: "Eccomi qui, figlio mio". E Isacco: "Ecco il fuoco e la legna, ma dov’è l’agnello per l’olocausto?". 8 Abraamo rispose: "Figlio mio, Dio se lo provvederà l’agnello per l’olocausto". E camminarono entrambi assieme. 9 Giunsero al luogo che Dio gli aveva detto e Abraamo costruì l’altare, sistemò la legna, legò Isacco suo figlio e lo mise sull’altare, sopra la legna. 10 Poi Abraamo stese la mano e prese il coltello per sgozzare suo figlio. 11 Ma l’angelo dell’Eterno gridò dal cielo e disse: "Abraamo, Abraamo". 12 Ed egli rispose: "Eccomi". E l’angelo: "Non mettere la mano addosso al ragazzo e non fargli alcun male; poiché ora so che tu temi Dio, perché non mi hai rifiutato tuo figlio, l’unico tuo". 13 Allora Abraamo alzò gli occhi, guardò, ed ecco dietro di sé un montone, impigliato per le corna in un cespuglio. Abraamo andò, prese il montone, e l’offrì in olocausto al posto di suo figlio. 14 E Abraamo chiamò quel luogo "Iavè-Irè". Per questo si dice oggi: "Al monte dell’Eterno sarà provveduto". 15 L’angelo dell’Eterno chiamò dal cielo Abraamo una seconda volta, e disse: 16 "‘Io giuro per me stesso’, dice l’Eterno, ‘che, siccome tu hai fatto questo e non mi hai rifiutato tuo figlio, l’unico tuo, 17 io certo ti benedirò e moltiplicherò la tua progenie come le stelle del cielo e come la sabbia che è sul lido del mare; e la tua progenie dominerà la porta dei suoi nemici. 18 E tutte le nazioni della terra saranno benedette nella tua progenie, perché tu hai ubbidito alla mia voce’". 19 Poi Abraamo se ne tornò ai suoi servitori; e si alzarono e se ne andarono insieme a Beer-Sceba. E Abraamo abitò a Beer-Sceba.
20 Dopo queste cose avvenne che fu riferito ad Abraamo questo: "Ecco, Milca ha partorito anche lei dei figli a Naor, tuo fratello: 21 Uz, suo primogenito, Buz suo fratello, Chemuel padre di Aram, 22 Chesed, Azo, Pildas, Idlaf e Betuel". 23 E Betuel generò Rebecca. Milca partorì questi otto a Naor, fratello di Abraamo. 24 E la sua concubina, che si chiamava Reuma, partorì anche lei Teba, Gaam, Taas e Maaca.
1 NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
3 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir 'n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.
4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.
5 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
6 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.
7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?
8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
9 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.
11 Maar die Engel van die Here het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
14 En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.
15 Toe roep die Engel van die Here vir die tweede keer na Abraham van die hemel af
16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
19 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.
20 Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
21 Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram,
22 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.
23 (En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
24 En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.