Publicidade

Gênesis 8

AFR53
Fine del diluvio. Noè esce dall’arca

1 Poi Dio si ricordò di Noè, di tutti gli animali e di tutto il bestiame che era con lui nell’arca; e Dio fece passare un vento sulla terra e le acque si calmarono; 2 le fonti dell’abisso e le cateratte del cielo furono chiuse; e cessò la pioggia dal cielo; 3 le acque andarono via via ritirandosi dalla terra, e alla fine di centocinquanta giorni cominciarono a diminuire. 4 Nel settimo mese, il diciassettesimo giorno del mese, l’arca si fermò sulle montagne di Ararat. 5 E le acque andarono diminuendo fino al decimo mese. Nel decimo mese, il primo giorno del mese, apparvero le vette dei monti. 6 E dopo quaranta giorni, Noè aprì la finestra che aveva fatto nell’arca, 7 e mandò fuori il corvo, il quale uscì, andando e tornando, finché le acque furono asciugate sulla terra. 8 Poi mandò fuori la colomba, per vedere se le acque fossero diminuite sulla superficie della terra. 9 Ma la colomba non trovò dove posare la pianta del suo piede, e tornò a lui nell’arca, perché vi erano delle acque sulla superficie di tutta la terra; ed egli stese la mano, la prese, e la portò con dentro l’arca. 10 E aspettò altri sette giorni, poi mandò di nuovo la colomba fuori dell’arca. 11 E la colomba tornò a lui, verso sera; ed ecco, essa aveva nel becco una foglia fresca d’ulivo; così Noè capì che le acque erano diminuite sopra la terra. 12 E aspettò altri sette giorni, poi mandò fuori la colomba; ma essa non tornò più a lui. 13 L’anno seicentouno della vita di Noè, il primo mese, il primo giorno del mese, le acque erano asciugate sulla terra; e Noè tolse la copertura dell’arca, guardò, ed ecco che la superficie del suolo era asciutta. 14 E il secondo mese, il ventisettesimo giorno del mese, la terra era asciutta. 15 E Dio parlò a Noè, dicendo: 16 "Esci dall’arca tu e tua moglie, i tuoi figli e le mogli dei tuoi figli con te. 17 Fauscire con te tutti gli animali che sono con te, di ogni specie: uccelli, bestiame, e tutti i rettili che strisciano sulla terra, perché abbondino sulla terra, siano fecondi e si moltiplichino sulla terra". 18 E Noè uscì con i suoi figli, con sua moglie, e con le mogli dei suoi figli. 19 Tutti gli animali, tutti i rettili, tutti gli uccelli, tutto quello che si muove sulla terra, secondo le loro famiglie, uscirono dall’arca. 20 E Noè costruì un altare all’Eterno; prese di ogni specie di animali puri e di ogni specie di uccelli puri, e offrì olocausti sull’altare. 21 E l’Eterno sentì un odore soave; e l’Eterno disse in cuor suo: "Io non maledirò più la terra a motivo dell’uomo, poiché i disegni del cuore dell’uomo sono malvagi fin dalla sua fanciullezza; e non colpirò più ogni cosa vivente, come ho fatto. 22 Finché la terra durerà, semina e raccolta, freddo e caldo, estate e inverno, giorno e notte, non cesseranno mai".

Noag gaan uit die ark.

1 EN God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.

2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.

3 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae.

4 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Árarat gerus.

5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.

6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,

7 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.

8 Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.

9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.

10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.

11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.

12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.

13 In die seshonderd-en-eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog

14 in die tweede maand, op die sewen-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.

15 En God het met Noag gespreek en gesê:

16 Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.

17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.

18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.

19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.

20 En Noag het vir die Here 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.

21 En die Here het die lieflike geur geruik, en die Here het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.

22 Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-