Publicidade

Gênesis 46

AFR53
Giacobbe, dopo che Dio gli appare, scende in Egitto

1 Israele dunque partì con tutto quello che aveva e, giunto a Beer-Sceba, offrì sacrifici all’Iddio di Isacco suo padre. 2 Dio parlò a Israele in visioni notturne, e disse: "Giacobbe, Giacobbe!". Ed egli rispose: "Eccomi!". 3 E Dio disse: "Io sono Dio, l’Iddio di tuo padre; non temere di scendere in Egitto, perché ti farò diventare una grande nazione. 4 Io scenderò con te in Egitto, e te ne farò anche sicuramente risalire; e Giuseppe ti chiuderà gli occhi". 5 Allora Giacobbe partì da Beer-Sceba; e i figli d’Israele fecero salire Giacobbe loro padre, i loro piccoli e le loro mogli sui carri che il Faraone aveva mandato per trasportarli. 6 Ed essi presero il loro bestiame e i beni che avevano acquistato nel paese di Canaan, e giunsero in Egitto: Giacobbe, e tutta la sua famiglia con lui. 7 Egli condusse con in Egitto i suoi figli, le sue figlie, le figlie dei suoi figli, e tutta la sua famiglia.

La famiglia di Giacobbe che scese in Egitto

8 Questi sono i nomi dei figli d’Israele che vennero in Egitto: Giacobbe e i suoi figli. Il primogenito di Giacobbe: Ruben. 9 I figli di Ruben: Enoc, Pallu, Chesron e Carmi. 10 I figli di Simeone: Iemuel, Iamin, Oad, Iachin, Soar e Saul, figlio di una Cananea. 11 I figli di Levi: Gherson, Cheat e Merari. 12 I figli di Giuda: Er, Onan, Sela, Perez e Zerac; ma Er e Onan morirono nel paese di Canaan; e i figli di Perez furono: Chesron e Camul. 13 I figli di Issacar: Tola, Puva, Iob e Simron. 14 I figli di Zabulon: Sered, Elon, e Ialeel. 15 Questi sono i figli che Lea partorì a Giacobbe a Paddan-Aram, oltre a Dina, sua figlia. I suoi figli e le sue figlie erano in tutto trentatré persone. 16 I figli di Gad: Sifion, Agghi, Suni, Esbon, Eri, Arodi e Areli. 17 I figli di Ascer: Imna, Tisva, Tisvi, Beria e Sera loro sorella. E i figli di Beria: Eber e Malchiel. 18 Questi furono i figli di Zilpa che Labano aveva dato a Lea sua figlia; ed essa li partorì a Giacobbe: in tutto sedici persone. 19 I figli di Rachele, moglie di Giacobbe: Giuseppe e Beniamino. 20 E a Giuseppe, nel paese d’Egitto, nacquero Manasse ed Efraim, i quali Asenat, figlia di Potifera, sacerdote di On, gli partorì. 21 I figli di Beniamino: Bela, Becher, Asbel, Ghera, Naaman, Ei, Ros, Muppim, Cuppim e Ard. 22 Questi sono i figli di Rachele che nacquero a Giacobbe: in tutto, quattordici persone. 23 I figli di Dan: Cusim. 24 I figli di Neftali: Iaseel, Guni, Ieser e Sillem. 25 Questi sono i figli di Bila che Labano aveva dato a Rachele sua figlia, e lei li partorì a Giacobbe: in tutto, sette persone. 26 Le persone che vennero con Giacobbe in Egitto, discendenti da lui, senza contare le mogli dei figli di Giacobbe, erano in tutto sessantasei. 27 E i figli di Giuseppe, nati in Egitto, erano due. Il totale delle persone della famiglia di Giacobbe che vennero in Egitto, era di settanta.

Giuseppe va incontro a suo padre

28 Ora Giacobbe mandò davanti a Giuda da Giuseppe, perché questi lo introducesse nel paese di Goscen. E giunsero nel paese di Goscen. 29 Giuseppe fece attaccare il suo carro, e salì a Goscen per incontrare Israele, suo padre; gli si presentò, gli si gettò al collo, e pianse lungamente sul suo collo. 30 E Israele disse a Giuseppe: "Ora, che io muoia pure, perché ho visto la tua faccia, e tu vivi ancora!". 31 E Giuseppe disse ai suoi fratelli e alla famiglia di suo padre: "Io salirò a informare Faraone, e gli dirò: I miei fratelli e la famiglia di mio padre che erano nel paese di Canaan, sono venuti da me. 32 Questi uomini sono pastori, poiché sono sempre stati allevatori di bestiame; e hanno condotto con le loro greggi, i loro armenti, e tutto quello che possiedono. 33 E quando Faraone vi farà chiamare e vi dirà: Qual è la vostra occupazione?, risponderete: 34 I tuoi servitori sono stati allevatori di bestiame dalla loro infanzia fino ad ora: così noi come i nostri padri. Direte così, perché possiate abitare nel paese di Goscen. Poiché gli Egiziani hanno in abominio tutti i pastori".

Jakob trek af na Egipte.

1 EN Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan die God van sy vader Isak.

2 En God het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!

3 Toe Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar 'n groot nasie maak.

4 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou toedruk.

5 Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:

7 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.

8 En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.

9 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

10 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.

11 En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

12 En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13 En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

14 En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.

15 Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.

16 En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli.

17 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.

18 Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.

19 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.

20 En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

21 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.

22 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.

23 En die seuns van Dan: Husim.

24 En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.

25 Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.

26 Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses-en-sestig siele.

27 En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.

28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.

29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.

30 En Israel vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!

31 Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom : My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom.

32 En die manne is herders van kleinvee want hulle was veeboere en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.

33 En as Farao julle laat roep en : Wat is julle nering?

34 dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 'n gruwel.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-