1 Abraamo partì di là andando verso il paese del meridione, abitò fra Cades e Sur, e abitò come straniero in Gherar. 2 E Abraamo diceva di Sara sua moglie: "È mia sorella". E Abimelec, re di Gherar, mandò a prendere Sara. 3 Ma Dio venne, di notte, in un sogno, ad Abimelec, e gli disse: "Ecco, tu sei morto, a causa della donna che ti sei presa, perché lei ha marito". 4 Ora Abimelec non si era accostato a lei e rispose: "Signore, faresti tu perire una nazione, anche se giusta? 5 Egli non mi ha detto: ‘È mia sorella’? e anche lei stessa ha detto: ‘È mio fratello’. Io ho fatto questo nella integrità del mio cuore e con mani innocenti". 6 E Dio gli disse nel sogno: "Anche io so che tu hai fatto questo nella integrità del tuo cuore; e ti ho quindi preservato dal peccare contro di me; perciò non ti ho permesso di toccarla. 7 Ora dunque, restituisci la moglie a quest’uomo, perché è profeta; ed egli pregherà per te, e tu vivrai. Ma, se non la restituisci, sappi, per certo, che morirai: tu e tutti i tuoi". 8 Allora Abimelec si alzò la mattina presto, chiamò tutti i suoi servi, e raccontò in loro presenza tutte queste cose. E quegli uomini furono presi da grande paura. 9 Poi Abimelec chiamò Abraamo e gli disse: "Che ci hai fatto? E in cosa ti ho io offeso, che tu abbia fatto venire su me e sul mio regno un peccato così grande? Tu mi hai fatto cose che non si devono fare". 10 Poi Abimelec disse ancora ad Abraamo: "A che miravi, facendo questo?". 11 E Abraamo rispose: "L’ho fatto, perché dicevo fra me: ‘Certo, in questo luogo non c’è timore di Dio; e mi uccideranno a causa di mia moglie’. 12 Inoltre, lei è proprio mia sorella, figlia di mio padre, ma non figlia di mia madre; ed è diventata mia moglie. 13 Ora quando Dio mi fece peregrinare lontano dalla casa di mio padre, io le dissi: ‘Questo è il favore che tu mi farai; dovunque giungeremo, dirai di me: È mio fratello’". 14 Allora Abimelec prese delle pecore, dei buoi, dei servi e delle serve e li diede ad Abraamo, e gli restituì Sara sua moglie. 15 Poi Abimelec disse: "Ecco, il mio paese ti sta davanti; abita dovunque ti piacerà". 16 E a Sara disse: "Ecco, io ho dato a tuo fratello mille pezzi d’argento; questo sarà un velo sugli occhi di fronte a tutti quelli che sono con te, e sarai giustificata davanti a tutti". 17 Abraamo pregò Dio, e Dio guarì Abimelec, la moglie e le sue serve, ed esse poterono partorire. 18 Poiché l’Eterno aveva reso del tutto sterile l’intera casa di Abimelec, a causa di Sara moglie di Abraamo.
1 EN Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef.
2 En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.
3 Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in 'n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is 'n getroude vrou.
4 Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here, sal U ook 'n regverdige nasie ombring?
5 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.
6 Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.
7 Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is 'n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort.
8 Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang.
9 En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk 'n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.
10 Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?
11 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.
12 En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
13 En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys — op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.
14 Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.
15 En Abiméleg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.
16 En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend sikkels silwer. Kyk, dit is vir jou 'n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.
17 Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.
18 Want die Here het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.