Publicidade

Gênesis 21

AFR53
Nascita di Isacco

1 L’Eterno visitò Sara come aveva detto; e l’Eterno fece a Sara come aveva promesso. 2 E Sara concepì e partorì un figlio ad Abraamo, quando egli era vecchio, al tempo che Dio gli aveva fissato. 3 E Abraamo chiamò Isacco il figlio che gli era nato, che Sara gli aveva partorito. 4 E Abraamo circoncise suo figlio Isacco all’età di otto giorni, come Dio gli aveva comandato. 5 Abraamo aveva cento anni quando nacque suo figlio Isacco. 6 E Sara disse: "Dio mi ha dato di che ridere; chiunque lo udrà riderà con me". 7 E aggiunse: "Chi avrebbe mai detto ad Abraamo che Sara avrebbe allattato figli? siccome io gli ho partorito un figlio nella sua vecchiaia".

Agar e Ismaele scacciati e soccorsi da Dio

8 Il bambino crebbe e fu svezzato; e nel giorno che Isacco fu svezzato, Abraamo fece un gran convito. 9 Sara vide che il figlio partorito ad Abraamo da Agar, l’Egiziana, rideva; 10 allora lei disse ad Abraamo: "Caccia via questa serva e suo figlio; perché il figlio di questa serva non deve essere erede con mio figlio, con Isacco". 11 E la cosa dispiacque fortemente ad Abraamo, a causa di suo figlio. 12 Ma Dio disse ad Abraamo: "Non dispiacerti a causa del fanciullo e della tua serva; acconsenti a tutto quello che Sara ti dirà; poiché da Isacco uscirà la progenie che porterà il tuo nome. 13 Ma anche del figlio di questa serva io farò una nazione, perché è tua progenie". 14 Abraamo dunque si alzò la mattina presto, prese del pane e un otre di acqua e lo diede ad Agar, mettendoglielo sulle spalle; le diede anche il fanciullo, e la mandò via. Lei partì e andò vagando per il deserto di Beer-Sceba. 15 Quando l’acqua dell’otre venne a mancare, lei lasciò cadere il fanciullo sotto un arboscello. 16 E andò a sedersi di fronte, a distanza di un tiro d’arco; perché diceva: "Che io non veda morire il fanciullo!". Sedutasi così di fronte, alzò la voce e pianse. 17 Dio udì la voce del ragazzo; e l’angelo di Dio chiamò Agar dal cielo e le disse: "Che hai, Agar? non temere, poiché Dio ha udito la voce del fanciullo dov’è. 18 Alzati, prendi il ragazzo e tienilo per la mano, perché io farò di lui una grande nazione". 19 Dio le aprì gli occhi, e lei vide un pozzo d’acqua: andò, riempì d’acqua l’otre, e diede da bere al ragazzo. 20 E Dio fu con lui; egli crebbe, abitò nel deserto, e fu un tiratore d’arco; 21 dimorò nel deserto di Paran e sua madre gli prese per moglie una donna del paese d’Egitto.

Alleanza fra Abraamo e Abimelec a Beer-Sceba

22 In quel tempo Abimelec, accompagnato da Picol, capo del suo esercito, parlò ad Abraamo, dicendo: "Dio è con te in tutto quello che fai. 23 Ebbene giurami qui, nel nome di Dio, che tu non ingannerai me, i miei figli, i miei nipoti, ma che userai verso di me e verso il paese dove hai abitato come straniero, la stessa benevolenza che io ho usato verso di te". 24 E Abraamo rispose: "Lo giuro". 25 Ma Abraamo rimproverò Abimelec a causa di un pozzo di acqua, di cui i servi di Abimelec si erano impadroniti con la forza. 26 E Abimelec disse: "Io non so chi abbia fatto questo; tu stesso non me l’hai fatto sapere, e io non ne ho sentito parlare che oggi". 27 Allora Abraamo prese pecore e buoi e li diede ad Abimelec; e i due fecero alleanza. 28 Poi Abraamo mise da parte sette agnelle del gregge. 29 E Abimelec disse ad Abraamo: "Che vogliono dire queste sette agnelle che tu hai messe da parte?". 30 Abraamo rispose: "Tu accetterai dalla mia mano queste sette agnelle, perché questo mi serva di testimonianza che io ho scavato questo pozzo". 31 Perciò egli chiamò quel luogo Beer-Sceba, perché entrambi vi avevano fatto giuramento. 32 Così fecero alleanza a Beer-Sceba. Poi Abimelec, con Picol, capo del suo esercito, si alzò, e se ne tornarono nel paese dei Filistei. 33 E Abraamo piantò un tamarindo a Beer-Sceba, e invocò il nome dell’Eterno, l’Iddio dell’eternità. 34 E Abraamo abitò come straniero molto tempo nel paese dei Filistei.

Geboorte van Isak. Abraham verdryf Hagar en Ismael.

1 EN die Here het Sara besoek soos Hy beloof het; en die Here het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:

2 Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.

3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.

4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.

5 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.

6 En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.

7 Verder sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom.

8 En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.

9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;

10 en sy aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.

11 En die woord was baie verkeerd in die van Abraham vanweë sy seun.

12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.

13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou kind is.

14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.

15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp

16 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.

17 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

18 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.

19 Daarop het God haar geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.

20 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:

21 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.

Verbond tussen Abraham en Abiméleg.

22 IN dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.

23 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.

24 En Abraham antwoord: Ek sweer.

25 Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.

26 Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.

27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het 'n verbond gesluit;

28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.

29 Toe Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?

30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

31 Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.

32 So het hulle dan 'n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.

33 En hy het 'n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die Here, die ewige God, aangeroep.

34 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-